Besware teen die 2001-omdigting en die besluit van Sinode 2003 in hierdie
verband
Besware teen
die 2001-omdigting en die besluit van Sinode 2003 in hierdie verband
1. Die besluit
van Sinode 2003 insake die 2001-omdigting
3. Motivering
van die besware onder punt 2
3.1. Beswaar
1: Die Sinodebesluit is in stryd met die Skrif.
3.1.2.1. Voorbeelde van weglatings:
3.1.2.2. Bylae
A se begronding van die weglatings:
3.1.2.3.
Kritiek teen Sinode 2003 se begronding van weglatings
3.1.3.1.
Voorbeelde van veranderings aan die inhoud van die Hebreeuse grondteks:
3.1.3.2.
Kritiek: Sinode 2003 gee geen begronding vir die veranderings nie
3.1.4.1.
Motivering 6.1 van die sinode en kritiek daarteen
3.1.4.1.1.
Motivering 6.1 van Sinode 2003.
3.1.4.2.
Kritiek teen motivering 6.1 van die sinode:
3.1.4.2. Bylae
A oor die Godsname in die 2001-omdigting
3.1.4.2.1.
Bylae A oor die Godsname
3.1.4.2.2.
Kritiek teen punt 2 van Bylae A..
3.1.4.3. Die
belangrikheid van die Naam HERE/Jahwe volgens die Skrif
a) In die
Bybel sê 'n naam ontsaglik baie.
b) Dit geld
nog meer ten opsigte van die Name van God
c) Die Naam
van die HERE en die derde gebod en die Onse Vader
d) Die Naam
HERE in die Nuwe Testament
e) Die
vervulling van die Naam HERE in die NT
3.1.4.4. Die
Godsname en die gereformeerde dogmatiek
3.1.5.2. Bylae
A oor die Wraakpsalms
3.1.5.3.
Kritiek teen punt 3 van Bylae A..
3.1.6.1
Motivering 3 van die sinode
3.1.6.2
Kritiek teen hierdie motivering:
3.1.7.1 Motivering 5.1 en 5.2 van Sinode 2003
3.1.7.2 Kritiek teen hierdie motiverings:
3.1.8 Sinode
2003 laat die Skrifverklaringsbeginsel van Skrif-met-Skrif-vergelyking los
3.1.8.1. Psalm
110 van die 2001-omdigting as voorbeeld:
b) Ps.110: die
direkte verband (Psalm 110 in die geheel) en die Ou Testament in die geheel
c) Ps.110:1:
die Septuagint en die Nuwe Testament oor "my Here"
d) Tekste uit
die Nuwe Testament
i) Matteus
22:41-46 (vgl. ook Mark.12:35-37 en Luk.20:41-44)
iii) Hebreërs
en Christus se hoëpriesterskap volgens die orde van Melgisedek
iv) Hebreërs
1, Ps.110:1 en die Godheid van Christus
3.2. Beswaar
2: Die Sinodebesluit is in stryd met belydenis.
3.2.1 Die Nederlandse Geloofsbelydenis
3.2.2 Die Heidelbergse Kategismus
3.2.3 Tekste
wat 'n groot rol speel in ons belydenisskrifte, is weggelaat in die
2001-omdigting
3.3. Beswaar
3: Die Sinode het die 2001-omdigting nie getoets aan die belydenis nie.
3.4.1 Die
digter self het uitdruklik verklaar dat hy die Messias uit die Psalms verwyder
het.
3.4.3 Meer
Psalms as maar net die sogenaamde Messiaanse Psalms word geraak
3.5. Beswaar
5: Die Sinodebesluit is in stryd met ander sinodebesluite.
3.6. Beswaar
6: Onjuiste mensbeeld
3.6.1. Slegs
enkele voorbeelde
3.7. Beswaar
7: Die NB en die eenheid van die Skrif
3.7.2. Verband tussen Psalms onderling
3.7.3. Verband
tussen die Psalms en res van die Ou Testament
3.7.4. Verband
tussen die Psalms en die Nuwe Testament
3.8.1. Die NB
is nie verbondsmatig nie
3.8.2. Nog enkele voorbeelde daarvan
3.9. Beswaar
9: Weinig respek vir die Bybelse geskiedenis en name.
BYLAE A van
Sinode 2003 – Kritiek op die Nuwe Afrikaanse Psalmberyming
1.
Algemene
opmerkings oor die aard van omdigting
Die besluit lui:
"3.2.2 Dat die 1936-beryming saam met die
2001-omdigting in een bundel uitgegee word en vir gebruik in die eredienste
aanbeveel word. Die gebruik van beide word met inagneming van art 69 KO aan die
oordeel van die plaaslike kerk oorgelaat.
3.2.3 Dat
in die Psalmbundel, by sowel die 1936-beryming as die 2001-omdigting, die
openbaringshistoriese verband met die Messiaanse vervulling Psalms met voetnote
aangedui word ooreenkomstig die riglyne in Bylae D".
Sinode 2003 motiveer die besluit so:
"1. Net soos
met die vertalingsproses van die 1983-Bybelvertaling, het die Sinode 1985
besluit om deur middel van Deputate aan die daarstelling van 'n nuwe
psalmberyming mee te werk. Die GKSA het dus deur kundige insette die proses van
omdigting ondersteun en voortdurend beoordeel.
2. In 1985 is die
1983-Bybelvertaling vir gebruik in die kerke aanbeveel en nie
"goedgekeur" nie.
3. Die
medewerkers lewer getuienis dat die grondteks en die eksegese daarvan vir die
digters en die Kommissies wat saam met hulle gewerk het, deurslaggewend was.
Elke omdigting rus in die eerste plek in eksegese en is 'n omdigting wat
herhaaldelik nagegaan is.
4. Naas die
betrokkenheid by die proses van omdigting het die Deputate kommentaar van die
kerke aangevra. Heelwat kommentaar is ontvang. Die Kommissie het dit nagegaan
en oordeel dat die Deputate aandag aan al die kommentaar gegee het en dat Bylae
A 'n bondige verwerking en beredenering van die kommentaar is.
5. Die
"Messiaanse besware" dra gewig (vgl.5.2 hieronder), maar kan om die
volgende redes nie as deurslaggewende beswaar dien om die 2001-omdigting af te
keur nie:
5.1 Die hele Ou
Testament dra 'n Messiaanse karakter wat die lyn van die openbaring al
helderder laat oopgaan tot in die Nuwe Testament. Die Heilige Gees het hierdie
weg gevolg in die Ou Testament. Ons moet die weg respekteer wat die Heilige
Gees gebruik het. Daarom is die Ou Testament omgedig soos hy homself aanbied.
5.2 Aan die
Beswaarskrif insake Messiaanse verkondiging van die Ou Terstament is nie gevolg
gegee nie (3).
5.3 'n Voetnoot
kan die openbaringshistoriese verband met die Messiaanse gebruik van sekere
Psalms in die Nuwe Testament aandui (vgl.2.3.3).
6. Die beswaar
oor die "Godsname" kan om die volgende redes nie as deurslaggewende
beswaar dien om die 2001-omdigting af te keur nie:
6.1 Die poëtiese
vormgewing, rym, taalritme, fraselengtes, en musikale reëls maak dit noodwendig
dat die digter, net soos in die 1936-beryming, dikwels 'n alternatiewe Godsnaam
moes kies.
7. Wat al die
ander besware betref {vgl Bylae A} oordeel die kommissie dat dit eweneens nie
deurslaggewend is vir die afwys van die 2001-omdigting nie.
Besluit: Goedgekeur".
Let wel:
Die motiverings en Bylae A is deel van die besluit.
2.1 Die Sinodebesluit is in stryd met Skrif.
2.2 Die Sinodebesluit is in stryd met die
belydenis.
2.3 Die Sinode het nie die omdigting getoets aan
die belydenis nie.
2.4 Die Sinodebesluit om van voetnote gebruik te
maak, los nie die probleem met die Messiaanse Psalms op nie.
2.5. Die Sinodebesluit is in stryd met ander
sinodebesluite.
Onder andere die
volgende tekste is ter sake:
Die Heilige Gees beveel ons in hierdie Skrifgedeeltes dat
ons Psalms moet sing. Daarmee bedoel Hy sonder enige twyfel die
Psalms in hulle geheel.
In Efesiërs 5:18 staan: Word met die Gees vervul. Kolossense
3:16 sê dit 'n bietjie anders. In plaas van die bevel om met die Gees vervul te
word (Ef.5:18), staan in Kolossense 3:16 die opdrag: Laat die woord van
Christus ryklik in julle woon. Kolossense 3:16 en Efesiërs 5:18 is nie
in stryd met mekaar nie, maar vul mekaar aan en laat dieselfde saak van Psalmgesang
sien vanuit verskillende hoeke. Wie naamlik wil weet hoe die Gees werk
(Ef.5:18), mag nie die parallelle Kolossense 3:16 verbygaan nie: Hy in wie die
Woord ryklik woon (Kol.3:16), is vervul met die Heilige Gees (Ef.5:18). Die
Gees is die Gees van die Woord en die Woord is die Woord van die Gees. Die Gees
werk deur die Woord en in die Woord kom die Gees na ons toe. Wie Gees-vervuld
is, is Woord-vervuld en wie Woord-vervuld is, is Gees-vervuld.
Word met die Gees vervul beteken: om geheel en al in beslag geneem
moet word deur die Heilige Gees, dit wil sê deur elke woord (ook elke
Psalmwoord) van Hom. Kolossense 3:16 laat ons presies sien waarin die
vervulling met die Gees bestaan, wanneer ons daar beveel word: Laat die woord
van Christus ryklik in julle woon. Die ryklik beteken dieselfde
as vervul: in sy volheid, in volle maat.
Ons moet die frase die woord van Christus op twee maniere
verstaan. Daarmee word eerstens bedoel: die woord wat deur Christus gegee is.
Christus is die Skrywer daarvan. Tweedens leer dit ons wat die inhoud van
hierdie woord is: Dit is die woord wat oor Christus handel. Christus is immers
die woord (Jh.1) en Hy sê self dat die Psalms van Hom spreek (Lk.20:42 ;
Lk.24:44).
Beide Efesiërs en Kolossense laat ons sien wat die vrug daarvan is as ons
met die Gees vervul is en as die woord ryklik in ons woon: die sing van psalms
en lofsange en geestelike liedere.
Met psalms en lofsange en geestelike
liedere word die Psalms bedoel.
Dat met aldrie die uitdrukkings psalms (Grieks: psalmos), lofsange (Grieks:
humnos) en geestelike liedere (Grieks: oide) die Psalms bedoel word, is
duidelik wanneer ons sien dat die Griekse vertaling van die Ou Testament, die
Septuagint, die Psalms soms psalms noem (vgl. Ps.3:1; 5:1), soms lofsange
(Ps.65:2; 40:4) en soms liedere (al die bedevaartsliedere, Ps.121-134). Soms
word een Psalm selfs met aldrie die woorde beskryf, byvoorbeeld Psalm 67:1
(Septuagint 66: "onder die lofsange, 'n psalm, 'n lied") en Psalm
76:1 (Septuagint 75: "onder die lofsange, 'n psalm van Asaf, 'n
lied").
Paulus se lesers het die Septuagint geken. Hulle het presies geweet wat met
psalms, lofsange en (geestelike) liedere bedoel word: die Psalms. Hulle het die
taal van die Psalmboek (die opskrifte, ens., van die Psalms) in Efesiërs 5 en
Kolossense 3 gehoor.
Ook die beroemde, reformatoriese Kanttekeninge by die Statenvertaling wys
op die verband tussen die psalms en lofsange en liedere
en die opskrifte van die Psalms.
Maar in Efesiërs 5 en Kolossense 3 is daar meer wat
daarop dui dat met psalms, lofsange en geestelike liedere die Psalms bedoel
word. Dit is naamlik so dat ook die woorde sing en psalmsing
en die tot eer van die Here Psalmtaal is. Dit is uitdrukkings wat
aan die Psalms ontleen is. Dit is Psalmterminologie. Die drie (sing; psalmsing;
tot eer van die Here), en dikwels twee
van die drie, kom menigmaal saam voor in die Psalms (Ps.27:6; 68:33; 98:1;
104:33. Vgl. verder Ps.9:12; 13:6; 30:5; 95:1; 96:1, 2; 98:5; 147:7; 149:1 ).
In Efesiërs 5 en Kolossense 3 het ons dus
nie te make met 'n bevel om nuwe liedere maak nie, maar om te sing, te spreek
dit wat voorhande is, naamlik die Psalms.
Ook die woord geestelike in die frase
"geestelike liedere" bevestig dit. Die woord "geestelik"
moet hier nie verstaan word in die algemene sin van godsdienstige liedere nie.
Die woord dui op die herkoms van die liedere: van die Heilige Gees afkomstig,
dus geïnspireerd en nie maar bloot vrye liedere wat deur mense
gedig is nie. B.B.Warfield, die groot Calvyn-kenner, wys daarop "dat die
woord geestelik van die 25 keer wat dit gebruik word, nooit een keer afdaal tot
die vlak van die menslike gees nie. In 24 van die 25 gevalle is dit afgelei van
Gees (pneuma). In die betekenis van behoort aan, bepaal deur die Heilige Gees,
is die NT eenvormig in sy betekenis van hierdie woord op een uitsondering na,
nl. Ef.6:12, waar dit verwys na die hoër, bo-menslike intellek. Die gepaste
vertaling is in elke geval: “Gees-gegee, Gees-gelei, Gees-bepaal". Ook
Kittel (TDNT) verstaan dit so.
Dit is ook moontlik om die geestelike te laat slaan op psalms
en lofsange en nie alleen op liedere nie. Dit is heeltemal in lyn
met die Griekse taalreëls (sintaksis).
Die woord ander ("ander geestelike liedere") in die
1983-vertaling staan nie in die grondteks nie.
In Efesiërs en Kolossense kry ons baie duidelik die opdrag tot die sing van
die Psalms. Dit is ook nie moontlik om dit so te verstaan dat maar net 'n
gedeelte van die Psalms bedoel word nie.
In vers 15 sê die Heilige
Gees: Die Skrifte, waarby die Psalms ingesluit is, kan wys maak tot saligheid,
omdat dit ons die weg van geloof in Jesus Christus leer. Juis hierdie inhoud
maak die Psalms so kosbaar.
Die hele van vers 16 sluit sekerlik ook die hele Psalmboek
in: elke vers en elke woord daarvan. God self, die Skrywer van 2 Timoteus, sê:
Die hele Skrif is deur God ingegee en dat dit
daarom nuttig (voordelig, bevorderlik) is. Waartoe dit nuttig is, sê die laaste deel van die vers: "tot
lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die
geregtigheid".
Hierdie teks laat geen ruimte vir die mens om te besluit oor wat nuttig is
en wat nie nuttig is nie. Ons het hier die Bybelskrywer, die Skrywer van 2
Timoteus, die Heilige Gees, se oordeel oor die hele Skrif. Die Heilige Gees
self leer: Die hele Skrif is van Goddelike herkoms en die hele Skrif is nuttig.
Na hierdie oordeel van die Skrywer moet geluister word en juis hierdie
oordeel van die Skrywer maak dit onbegryplik as dele van die Psalm nie omgedig
word nie.
Niks van die Woord – die Psalms ingesluit - mag weggelaat word nie. Dit is God se
uitdruklike bevel in hierdie tekste.
Ook ons
belydenis (NGB Art.7) pas Deut.12:32 op die Bybel in die geheel (die
geïnspireerde Psalms ingesluit) toe.
Opmerking: As met Ef.5:18-21, Kol.3:15-17, 2
Tim.3:16, Deut.12:32 en Op.22:19 bewys word dat ons elke Psalm en elke vers en
woord daarvan gesing moet word, word daarmee nie gesê dat dit woord vir woord
(d.w.s. met Hebreeuse woorde en woororde, net soos wat dit daar staan) berym
moet word nie. Wat wel bedoel word, is dat elke teks berym moet word. Daar mag
nie tekste of woorde weggelaat (onberymd gelaat) of aan die inhoud daarvan
verander word nie.
Die belofte aan die gelowiges dat hulle die aarde
sal besit, kom vyf keer in Psalm 37 voor (vv. 9, 11, 22, 29 en 34). Dit dui op
Jesus se saligspreking in Mattheus 5:5: ''Salig is die sagmoediges, want hulle
sal die aarde beërwe''. Die 2001-omdigting het dit nie eenmaal omgedig nie.
Die grootste gedeelte van hierdie Psalm is weggelaat. Van Moses se
voorspraak, sy middelaarswerk (v.23), is daar geen sprake nie. Die toorn en
straf van die HERE teen sy volk (vv.15, 17-18, 23, 26, 27, 29-30, 32, 40-42.)
word absoluut verswyg. Die 2001-omdigting gee hier 'n valse beeld van God, want
die HERE word in die omdigting voorgehou as 'n God wat maar net vergewe en
nooit straf nie. Al wat die 2001-omdigting in sy vers 6 kan sê, is: "Sy
liefde is …. bo die mens se kwaad verhewe".
5 verse (vv.10, 12, 15, 19 en 20) word heeltemal weggelaat.
Gebeurtenisse wat in die heilsgeskiedenis uitstaan en herhaaldelik in die Bybel
vermeld word (die tref van die eersgeborenes, Farao wat in die Skelfsee gestort
word, die wonderlike oorwinnings oor die magtige konings Sihon en Og), word
heeltemal weggelaat. Die opmerkings dat Sihon en Og "groot konings" (v.17)
en "geweldige konings" (v.18) was, word nie in die omdigting
genoem nie – dit terwyl Deuteronomium 2-3 juis die indruk gee wat se sterk en
geweldige konings die twee was en dat die HERE hulle tog verslaan het tot troos
van sy volk.
In Bylae A
(Handelinge 2003, p.656, punt 5) sê die sinode: dat "die Nuwe Beryming
eerder opsom, veral by lang historiese Psalms en Psalm 119 … By die
verkorting het die Nuwe Beryming gepoog om die hooflyne van die
Openbaringsgeskiedenis of die gedagtegang te behou" (p.279) (kursivering
van AHB).
Dit is duidelik dat die 2001-omdigting in hierdie voorbeelde nie die
hooflyne of gedagtegang in hierdie Psalms behou het nie en dat die argument in
Bylae A nie water hou nie. Hier is geen sprake van bloot maar net 'n opsomming
nie, maar weglatings van hooflyne en ook verandering aan hooflyne.
Die 2001-omdigting lui: "Hy (dit is God) haat die onreg en
geweld". In die oorspronklike staan egter dat die HERE die goddelose en
die wat geweld liefhet, haat en nie bloot maar net die onreg en geweld nie.
Die 2001-omdigting lui: "Vir afgodediens het ek veragting". Die
oorspronklike lui egter nie dat die afgodediens nie, maar wel dat die
afgodedienaars voorwerp van Dawid se haat - en nie maar net veragting nie –is.
Sinode 2003
verantwoord hom nie oor hierdie veranderings aan die inhoud van die grondteks
nie. Dit is wel deur dr AH Bogaards onder die Deputate Liturgiese Sake se
aandag gebring.
Die sinode wys
die beswaar oor die "Godsname" af en voer die volgende redes aan
waarom dit nie as deurslaggewende beswaar kan dien om die 2001-omdigting af te
keur nie: "6.1 Die poëtiese vormgewing, rym, taalritme, fraselengtes, en
musikale reëls maak dit noodwendig dat die digter, net soos in die
1936-beryming, dikwels 'n alternatiewe Godsnaam moes kies".
Die 2001-omdigting se omgaan met die Godsname word verder goedgepraat met
die frase "net soos in die 1936-beryming". Die vraag is nie wat die Skrif sê
nie, maar wat die Ou Beryming gedoen het.
Bylae A (punt 2,
p.653-4) sê die volgende oor die Godsname:
"Dit gaan in
die betrokke beswaar daaroor dat die onderskeid in die Name Jahwe en Adonai nie
in die Nuwe Beryming gehandhaaf is nie en dat God soms gebruik word waar
Jahwe/Adonai staan of Here/Heer waar Elohim staan. Die basiese beginsel is dus
dat die onderskeid tussen die drie name in ‘n beryming van die Psalms konsekwent
gehandhaaf moet word. In die opsig wys heelwat van die beswaardes na besluite
van die Sinode in die verband (vgl Bundel Kommentaar: 4, 37, 45, 54, 63, 86,
88-89, 107, stuk dr. Bogaards –AB7 e.v., 44) en word die kritiek verbind aan
soortgelyke kritiek teen die Nuwe Vertaling.
Wat die Nuwe
Vertaling betref, was die saak van die onderskeid tussen Jahwe en Adonai een
van die kritiekpunte teen die vertaling in die Beswaarskrif wat teen die Nuwe
Vertaling voor die Sinode van 1998 gedien het. Alhoewel die Sinode in 1991
(Acta 122) meriete in die beswaar gesien het, is dit nie beskou as genoegsame
rede om die betrokke beswaar teen die vertaling te handhaaf nie.
Soos bo gestel,
kan die beginsel ook aan die Ou Beryming getoets word. Dit is wel so dat die Ou
Beryming HERE/HEER vir Jahwe gebruik; Here/Heer vir Adonai en God vir Elohim.
In beginsel word die onderskeid wel gehandhaaf, maar uit ‘n kort steekproef
blyk dit spoedig dat die onderskeid nie konsekwent gehandhaaf word nie…".
Vir ons as
Westerlinge sê 'n naam nie veel nie. Die naam Koos sê byvoorbeeld nie iets oor
Koos se karakter nie.
So was dit egter
nie in die tyd van die Bybel nie. 'n Naam het geweldig baie gesê oor 'n
persoon. Dit het gesê wat hy is en hoe hy is. Neem nou maar die naam Elia. Dit
beteken: My God is die HERE. In daardie naam is Elia se hele lewe getipeer,
want sy hele optrede en sy ganse lewe was een groot belydenis: Nie Baäl nie,
maar die HERE is my God. Die Naam Elia het dus iets gesê oor wie en wat Elia
was. Dit gee ons 'n kykie in sy karakter, in sy lewe, in sy optrede.
Dat 'n naam in
die Bybel veelseggend is, geld nog des te meer wanneer dit by die Godsname kom.
God openbaar Hom in sy Naam.
Toe Moses
kleinvee opgepas het vir sy skoonvader, Jetro, het die Engel van die HERE in 'n
brandende doringbos aan hom verskyn en aan hom die opdrag gegee: Gaan na die
Israeliete in Egipte en lei hulle uit die slawehuis uit (Eks.3:1-10).
In antwoord op
God (die Engel van die HERE) se opdrag het Moses (Eks.3:13) aan Hom gevra:
"Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van
julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam?—wat moet
ek hulle antwoord?" Daarop het God Moses geantwoord: "Ek is wat Ek
is. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: Ek is het my na
julle gestuur. Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van
Israel meedeel: Die Here, die God van julle vaders, die God van Abraham, die
God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir
ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag" (Eks.3:13-15).
Dit is dus die
betekenis van die Naam HERE: EK IS. Om hierdie woorde goed te verklaar, moet
dit gelees word binne die verband waarin dit staan. Aan die einde van Eksodus 2
(vv.23-24) staan daar: "En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag
vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim
tot God. En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met
Abraham, met Isak en met Jakob. En God het die kinders van Israel aangesien, en
God het hulle geken". Die Naam EK IS beteken: EK IS aktief by my volk
teenwoordig om hulle te verlos en my eeue oue belofte aan Abraham
(Gen.15:13-14: "Weet vir seker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in
die land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en
verdruk word vierhonderd jaar lank. Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie
hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed") dat
Ek hulle in die beloofde land Kanaän sal bring, gestand te doen. Die Naam HERE
sê dus wie en wat die HERE vir sy volk is. Dit spreek van sy verbondstrou. Die
Naam verkondig dat God 'n waarmaker is van sy verbondsbeloftes aan sy
verbondsvolk.
Eksodus 3 vers 13
tot 15 leer ons hoe belangrik die Naam HERE is. So belangrik is hierdie Naam
vir die HERE en so belangrik is dit vir Hom dat ons sal weet wat dit beteken,
dat Hy dit uitspel en verklaar: EK IS.
Daarby het die
HERE ook gesê: "Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van
geslag tot geslag" (Eks.3:15). "Gedenknaam" (memorial,
herinnering) leer ons iets oor die Naam. God gee sy HERE-Naam as 'n herinnering
aan ('n gedenking van, 'n gedagtenis aan) sy verbondstrou.
Eksodus 3:15 en
die uitdrukking gedenknaam weerklink telkens in die Psalms: Ps.30:5
("Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige
gedenknaam"); Ps.97:12 ("o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof
sy heilige gedenknaam!"); Ps.102:13 ("Maar U, o HERE, U bly tot in
ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag"); Ps.135:13 ("o
HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot
geslag!"). Ook die profete praat van die gedenknaam.. Jesaja.26:8 lui:
"Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot
u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit".
Die Naam HERE is
nie vir die HERE iets niksseggends nie. Inteendeel, so belangrik is
hierdie Naam HERE
= dat die
HERE self in eie Persoon dit openbaar en
= dat die
HERE self in eie Persoon dit verklaar.
In Matteus 1 vers
20 kom nie sommer 'n gewone bode, 'n menslike boodskapper, na Josef nie.
Inteendeel, 'n gesant uit die hemel, 'n engel, 'n boodskapper met 'n opdrag van
God self, verskyn aan die man van Maria en sy van God gegewe opdrag lui: Josef
moet die kind Jesus noem. Dit is veelseggend.
Die Naam van ons
Verlosser sê so ontsaglik baie en is so belangrik, dat God self by monde van sy
engel hierdie Naam Jesus nie alleen self gee nie, maar die Naam boonop motiveer
en verklaar: "WANT dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos"
(Mt.1:21). Hy gee die rede vir die Naam (WANT) en die inhoud, die betekenis,
van die Naam ("dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos").
So belangrik is hierdie Naam
Daar moet gewys
word op 'n besondere en veelseggende ooreenkoms tussen Eksodus 3 en Matteus 1:
In sowel
Eksodus 3 as in Matteus 1 kom die volgende ter sprake:
Daar kan geen twyfel hieroor
bestaan nie: Vir God is sy Naam belangrik.
Die Naam van die
HERE is vir Hom belangrik:
So belangrik is
GOD se Naam vir Hom, dat die eerbied vir hierdie Naam 'n saak van GEBOD EN
GEBED is.
Dit is duidelik
dat die 2001-omdigting in sy omdigting van die Name HERE (JAHWE) en Here
(Adonai) met Here beïnvloed is deur die 1983-vertaling van die Bybel.
As regverdiging
vir en begronding van hierdie omdigting en vertaling voer voorstanders van die
1983-vertaling en die 2001-omdigting as argument aan: Wanneer die Nuwe
Testament tekste uit die Ou Testament aanhaal, word sowel HERE (Jahwe) as Here
(Adonai) sonder onderskeid "vertaal" met Here (Kurios). Daarom voel
hierdie mense: Na analogie (na aanleiding) van dit wat die
Heilige Gees self in die Nuwe Testament doen, mag HERE en Here albei met Here
vertaal en omgedig word.
Hierdie
na-analogie-van-die-Nuwe-Testament-argument is egter onhoudbaar en wel om die
volgende redes:
Dit is nie waar
dat die Naam HERE altyd in die NT "vertaal" is as Here (Kurios) nie.
Aan die kruis haal Jesus Psalm 31:6 ("In u hand gee ek my gees oor; U het
my verlos, HERE/Jahwe, God van trou") aan, maar dan roep Hy nie
"HERE" (Jahwe) nie (soos dit in Ps.31 staan), maar in plaas van HERE
(of Here/Kurios), sê Hy: VADER – "Vader, in u hande gee Ek my gees oor!" (Lk.23:46).
Nog 'n voorbeeld
is Ps.110:1a: "Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my
regterhand". Die Nuwe Beryming dig dit so om: "Dit het die Heer
belowe vir my koning...". Die vraag is egter: Kan dit werklik gesê word dat
hierdie omdigting na analogie van die Nuwe Testament gedoen is? Na analogie van
watter tekste in die NT? Waarom kies die omdigters na analogie van die NT wel
Heer maar nie God nie? Want dit is waar dat Mt.22:44, Mk.12:36 en Hand.2:34 die
Naam Here (Kurios) gebruik. MAAR met duidelike verwysing na Ps.110:1 word in
die volgende tekste nie gepraat van die regterhand van die Here (Kurios) nie,
maar van die regterhand van God (die Vader) (Mk.16:19; Heb.10:12), die
regterhand van die Vader (Ef.1:20), die regterhand van die majesteit (Hb.1:3).
Op grond waarvan kies die 2001- omdigting nou in Ps.110
Here en nie God, Vader of majesteit nie?
Dit is naamlik so
dat die NT nie net wat die Godsname betref afwyk van die Hebreeuse teks van die
OT nie. Ook in ander gevalle volg die NT nie die Hebreeuse teks van die OT nie,
maar wel o.a. die Griekse vertaling van die OT (die Septuagint). Dit gebeur
byvoorbeeld wanneer tekste uit die Ou Testament aanhaal. Een enkele voorbeeld
kan ter illustrasie genoem word: Johannes 12:38b ("Here, wie het ons
prediking geglo") haal Jesaja 53:1a ("Wie het geglo wat aan ons
verkondig is?") aan. Daar is 'n duidelike verskil tussen dit wat in die
Hebreeus staan en die teks soos dit deur Johannes aangehaal word. Johannes haal
egter nie uit die Hebreeus aan nie, maar uit die Septuagint.
Die vraag is nou:
Wanneer gaan die voorstaanders van die na-analogie-van-die-NT-argument dan ook
daardie tekste in die OT vervang met die weergawe van die teks in die NT? As
hulle konsekwent wil wees, moet hulle Jesaja 53:1a vervang met Johannes 12:38.
Die feit van die
saak is: Die Heilige Gees self het die onderskeid tussen die Naam HERE en Here
in die OT laat staan. Daarvoor moet ons eerbied hê.
Ons mag ook nie
sy woorde in die NT (sy sogenaamde "vertaling" van die Naam HERE met
Here) afspeel teen sy woorde in die OT nie. Dit is Hy – en nie 'n mens nie –
wat die Naam HERE in die OT laat staan het – swart op wit. Ons sal moet besef
dat die Heilige Gees net soveel in Psalms en in die hele OT as in die NT aan
die woord is.
Dit is
noodsaaklik om dieper in te gaan op die vraagstuk dat die Naam HERE (Jahwe) nie
in die Nuwe Testament voorkom nie. Is dit werklik waar dat die Naam HERE nie in
die NT voorkom nie?
Dit is sekerlik
so dat die Naam Jahwe nie as aparte woord in die Nuwe Testament voorkom nie.
Dit moet 'n mens enersyds sê. Andersyds egter openbaar hierdie gedagte 'n
absolute gebrek aan insig in die heerlike, openbaringshistoriese vervulling van
die Naam HERE (Jahwe) in die Nuwe Testament.
Die Naam HERE
staan nie in die Nuwe Testament nie, meen sommiges. Dit is egter nie waar nie.
Inteendeel, dié Naam staan op elke bladsy daarvan, want die Naam Jesus beteken:
Die HERE (Jahwe) verlos. So ontsaglik belangrik en so veelseggend is die Naam
HERE dat God self sy Kind, wanneer Hy na die aarde toe kom, nie sommer enige
Naam gee nie, maar uitdruklik sê dat Hy Jesus - die HERE, Jahwe verlos - genoem
moet word. Die Heilige Gees wil hê dat ons die verband, die
openbaringshistoriese band tussen die Naam HERE en die Naam Jesus, moet sien.
Telkens wanneer ons as Nuwe Testamentiese gelowiges hierdie Naam Jesus lees,
hoor ons daarin die Naam HERE en word ons in die Naam Jesus herinner aan die
Naam HERE en aan dit waarvan die Naam HERE praat, naamlik van sy verbond en sy
verbondstrou. In Jesus (die HERE verlos) ontmoet ek daarom op elke bladsy van
die NT die Naam HERE en in die geboorte, lewe, lyding en sterwe van Jesus sien
ek die Naam HERE uitgespel: die HERE is inderdaad EK IS, EK IS getrou, want Hy
maak in die NT al sy beloftes waar. As ek die hele Bybel in een Naam moet
saamvat en opsom, dan doen ek dit in hierdie een Naam: HERE. Wie sal dan durf
sê dat die Naam HERE onbelangrik is?
Hierby moet ook
die EK-IS-uitsprake van Jesus ( Joh.6:35; 8:12; 10:7-10; 10:11-16; 11:25-27;
14:6; 15:1) genoem word: EK IS die brood van die lewe, EK IS die lig van die
wêreld, EK IS die goeie herder, ens. In hierdie EK-IS-uitsprake word vervul wat
opgesluit lê in die Naam HERE, EK IS. Daarin kan ‘n mens sien wat die Naam HERE
beteken.
En is dit nie
iets heel, heel besonders wanneer die wegbereider van die Christus gebore word,
dat hy juis Johannes (die HERE/Jahwe is genadig) genoem word nie? Dwars teen
die tradisie in kry die wegbereider die naam Johannes (Lk.1:59-63).
In hierdie name –
Jesus en Johannes – word 'n verband tussen Ou en Nuwe Testament, tussen die
Jahwe-Naam enersyds en die geboorte van wegbereider en Saligmaker andersyds,
gelê.
In Jesus se hele
lewe – in sy geboorte, lyding, sterwe, opstanding en hemelvaart – word die Naam
Jahwe vervul. In Christus openbaar God Homself as EK IS. Hy is aktief
teenwoordig om sy beloftes te vervul en sy volk te verlos van sonde, duiwel en
dood.
Hier moet ook nog
op die frase in Openbaring (1:4, 1:8; 4:8; 11:17. Vgl. Ook 16:5) gewys word:
"Hom wat is en wat was en wat kom". Dit is duidelik dat daarmee op
die EK IS WAT EK IS (Eks.3:14) gesinspeel word. Die Griekse woorde "wat
is" hier in Openbaring is presies dieselfde as wat die Septuagint (die
Griekse vertaling van die Ou Testament) gebruik om die WAT EK IS van Eksodus
3:14 mee te vertaal. 'n Joodse geskrif (Targum Jonathan) se parafrasering van
Eksodus 3:14 laat eweneens sien dat Openbaring 1:4 (e.a. plekke) teruggryp op
Eksodus 3:14, want die Joodse geskrif parafraseer die EK IS WAT EK IS met die
volgende sin: "Ek is wat ek was en sal wees". Hierdie frase in
Openbaring, "Hom wat is en wat was en wat kom", leer sonder enige
twyfel dat die Naam HERE in die Ou Testament nie 'n vergete Naam in die Nuwe
Testament is nie. Ook in Openbaring gaan die Here wys dat Hy die HERE is, EK IS
WAT EK IS. Openbaring spel die Jahwe-Naam nog verder uit.
Sê iemand daarom:
Jy het nie 'n teks in die Nuwe Testament om die HERE-Naam te bewys nie, dan
antwoord ek: Ek het nie net 'n teks nie, maar die hele Nuwe Testament. Die
ganse Nuwe Testament is 'n uitspel van die Naam HERE. Die hele Nuwe Testament
is een groot vervulling van Eksodus 3 en in die Nuwe Testament sien ons die EK
IS in sy vervulling. Hier, in die boeke van die Nuwe Verbond, word die openbaringshistoriese
lyn van Eksodus 3 en die EK IS voortgesit en ontvou en vervul.
Die Naam HERE beteken
oneindig veel meer as wat ons dink.
In die
gereformeerde dogmatiek (die leer van die kerk) is deur die eeue heen gesê: God
openbaar Hom in sy Name. In elkeen van sy Name maak Hy iets van Homself bekend.
Die dogmatikus Van Genderen (1992, p.133) skryf: God het Homself Name gegee om
Hom te openbaar. Hy is wat sy Naam van Hom sê en Hy is dit heeltemal. Sy Naam
staan dus vir Homself. Hy maak sy Naam aan ons bekend om so deur ons aangeroep
te word en nie op 'n deur mense uitgedinkte wyse nie.
Met die wegdig en
wegvertaal van die Naam HERE word nie die nodige erns gemaak met hierdie
waarheid dat God Hom in sy Name openbaar nie.
Ons kan hierdie
Naam HERE alleen weglaat as ons seker is dat dit niks sê en niks beteken nie.
En wie sal dit, dwars teen die getuienis van die Heilige Gees in die Woord,
durf sê?
Die sinode sal
hom moet verantwoord oor die volgende voorbeelde, want Bylae A (punt 3, p.654)
kan nie 'n verantwoording genoem word nie:
Die
2001-omdigting dig om: "Hy (die HERE) haat die onreg en geweld". In
die oorspronklike staan egter dat die HERE die goddelose en die wat geweld liefhet, haat en nie bloot die onreg en geweld
nie. Die 2001-omdigting verander aan die grondteks. Dit is 'n poging tot
versagting van wat daar eintlik staan.
Die woorde "Laat die dood hulle oorval, laat hulle
lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle
binneste ... Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van
vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte
bring nie" is glad nie omgedig nie.
Die woorde
"Werp volke neer in toorn, o God!" is in die 2001-omdigting glad nie
omgedig nie. Die toorn en oordeel van God word die stilswye opgelê.
"Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer!" Dit is in die 2001-omdigting weggelaat.
Hierdie Psalm is
met reg die Psalmus Ischarioticus (Iskariot-Psalm) genoem. Want
Hand.1:20 ("Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy
woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat ’n ander
een sy opsienersamp neem") haal Ps.109:8 (laat ’n ander sy amp neem) aan en pas dit toe op Judas Iskariot.
Die agtergrond
van hierdie Psalm is die geskiedenis van Absalom se opstand en in die besonder
Agitofel se verraad. Agitofel se verraad is 'n afskaduwing van en heenwysing na
die verraad van Judas. Ons het in die Dawid-Agitofel-geskiedenis 'n afskaduwing
en heenwysing na Christus en Judas.
In Ps.109:6-20
vra (bid) Dawid om die HERE se wraak oor Agitofel. Hy vra onder andere: Laat ’n ander sy amp neem (v.8).
Die
2001-omdigting dig dit so om:
2
My liefde word begroet met haat;
terwyl ek bid, o Heer,
die goeie word vergeld met kwaad,
WRAAK WORD VIR MY BEGEER: (LW: dubbelpunt en dan word gesê wat se
wraak hul begeer)
3
"As regter oor hom aangestel,
wil ons 'n booswig hê;
laat sy gebed selfs teen hom tel,
as klag teen hom gelê".
4
"Vind hom skuldig, vonnis hom,
straf dié wat hom bemin;
mag hy gou aan sy einde kom,
laat ly sy huisgesin." ……..
Die
2001-omdigting verander hierdie woorde (vv.6-20) so dat ons hier nie te make
het met die (wraak)gebed van die Psalmdigter, Dawid, teen sy vyand, Agitofel,
nie, maar dat dit in vv.6-20 gaan om wat die vyand se begeerte is ten opsigte
van die Psalmdigter.
Dit is duidelik
dat die 2001-omdigting 'n probleem met die wraakpsalm (-gebed) het. Dit pas
blykbaar nie vir die omdigter in die mond van Dawid nie. Daarom lê hy dit
liewer in die mond van sy vyande.
In Bylae A (punt
3, p.654) sê die sinode:
"Dit mag
wees dat in sommige gevalle dit (die wraakgedeeltes) nie sterk genoeg na vore
kom nie, soos in die tweede beryming van Psalm 139, waar dit wel aan die orde
kom in die eerste twee reëls van strofe 5, en glad nie soos die kritiek beweer
nie".
In motivering 3
verklaar die sinode:
"Die
medewerkers lewer getuienis dat die grondteks en die eksegese daarvan vir die
digters en die Kommissies wat saam met hulle gewerk het, deurslaggewend was.
Elke omdigting rus in die eerste plek in eksegese en is 'n omdigting wat
herhaaldelik nagegaan is".
Hierdie
motivering van die sinode word weerspreek deur die talle die weglatings en
veranderings in die 2001-omdigting, soos aangetoon in 3.1.2-3.1.6.
Dit is nie 'n
motiverings om die 2001-omdigting aan te beveel nie, maar dit is juis 'n
motivering om die omdigting af te wys.
In 'n onderhoud
met Cloete in Rapport (4 November 2001) word berig: "Daar was die dominee wat hom
(Cloete) kom spreek het oor Messiaanse verwysings in sekere psalms wat nou op
grond van nuwe navorsing verwyder is". In die Algemene Kerkbode van 11-13
April 2002, skryf Cloete dat Ps.110 "onder meer volgens my teologiese
adviseurs, volgens die Nuwe Vertaling van die Bybel, volgens die 'nieuwe
berijming' en volgens Bonaventura Hinwood se omdigting in Afrikaans vir die
Katolieke Kerk, nie 'n Messiaanse Psalm nie".
Een van Cloete se
adviseurs, WS Prinsloo, sê uitdruklik van Ps.110: Die Nuwe Testamentiese
aanhalings van Ps.110 gee 'n ander betekenis van dié Psalm as wat dit
oorspronklik gehad het; dié Psalm het nie oorspronklik vir Christus op die oog
gehad nie en moet nie as voorspelling gelees word nie.
Cloete self
(en van sy adviseurs) huldig dus nié die standpunt van die sinode in motivering
5.1 en 5.2 nie en dit is sy standpunt wat in die 2001-omdigting vervat is.
Dit is
daarom 'n absolute teenstrydigheid om die gebruik van die 2001-omdigting te
motiveer met 'n standpunt wat lynrreg teen die standpunt en resultaat van die
digter in hierdie omdigting ingaan.
In Bylaag A word gesê: Die Kommissies wat gemoeid was met die
2001-omdigting van die Psalms, "het besluit om die grondteks te volg
deur die Psalms te verstaan soos die eerste hoorders dit sou verstaan het".
Inderdaad is die konteks (as dit is wat met die eerste hoorders bedoel
word) belangrik. Die fout wat die Kommissies – en Sinode 2003 - egter maak, is
dat een Skrifverklaringsbeginsel – konteks of eerste hoorders - verhef word tot
die enigste. Daar word nie rekening gehou daarmee dat daar ook ander
Skrifverklaringsbeginsels is nie. Daarby moet met name gedink word aan die
beginsel dat die Heilige Skrif sy eie uitlegger is: Die Skrif self moet sê wat
op 'n bepaalde plek bedoel word én (gevolglik) óók wat die eerste
hoorders daar en dan begryp het van wat gesê is.
Anders gesê: Die Skrywer self, Christus deur sy Gees, sal die
beste weet wat Hy op 'n bepaalde plek bedoel het en hoe dit verstaan moet word.
Waar die beginsel van "eerste hoorders" losgemaak word van die
beginsel van Skrif-met-Skrif-vergelyk, daar ontaard ons kennis van dit wat die
eerste hoorders verstaan het in suiwer spekulasie. Daar begin die eerste
hoorders met 'n eie stem praat en hoor ons nie meer die Stem van die groot
Bybelskrywer nie. Die eerste hoorders kom dan aan die woord en nie die Woord
nie.
Hier is eintlik 'n groot teenstrydigheid in die "beginsel" van
die Sinode 2003. Hulle sê dat ons die konteks in gedagte moet hou, maar hulle
laat die konteks los, want OT en NT word geskei in hierdie verklaring.
Ons sien ook dat die direkte konteks (van bv. 'n Psalm) nie in ag geneem
word nie.
Die 2001-omdigting
dig die woorde "my Here" van vers 1 (1953-vertaling) om as "my
koning".
Sinode 2003
verdedig hierdie omdigting deur te sê: "In die Masoretiese teks staan ook
nie Adonai nie, maar wel adoni, wat normaalweg gebruik word as ‘n aanspreekvorm
vir belangrike mense".
In hierdie
argument word die Joodse (Masoretiese) interpretasie (vokalisasie) van die teks
gevolg. Die Masorete het die woord "adoni" ('dny) so gaan skryf, dat
dit gelees kan word "my heer".
Ons sal egter
moet besef: Hierdie Masorete het hulle werk gedoen lank (eeue)
nadat die kanon (die gesagvolle teks van die Bybel) reeds erken was. Wat hulle
gedoen het, is dus nie kanoniek (gesagvol) vir ons nie
(kursivering van AHB).
Dit is ook nie
eens seker of daar oorspronklik in die uitspraak wel onderskeid gemaak is
tussen adoni en adonai nie.
Ons sal dus na
die Skrywer self moet gaan luister om te kan bepaal wat hier met "my
Here" ('dny) bedoel word. Dit beteken dat ons na die Skrif
self sal moet gaan luister.
In die volgende
punte (4.2.1-4) sal aangetoon word dat die Skrywer self aan ons openbaar dat
dit in Psalm 110 uitsluitlik en alleen oor die Messias gaan en nie oor 'n
aardse koning nie.
Die sinode sal
moet kies tussen die nie-gesagvolle interpretasie van die Masorete en die
gesagvolle Woord van God.
Die volgende kom
dan ter sprake:
1. Dit het alles
met goeie taalkunde te make: om 'n woord binne sy verband te verklaar. Dit geld
ook van die "my Here". Die res van die Psalm, die konteks, moet lig
werp op hierdie woorde. Die Skrif moet die Skrif verklaar en dan sien ons: In
Psalm 110 sê Jesus Christus deur sy Gees bepaalde dinge van "my
Here", dinge wat dit onmoontlik maak om "my Here" op 'n gewone
mens te laat slaan.
2. Eerstens
word in die Psalm deur die HERE tot "my Here" gesê: "Sit aan my
regterhand" (v.1).
Om aan die
regterhand van God te sit – dit word nooit in die Ou Testament van enige aardse
koning gesê nie. (Dit is vir die opstellers van die beswaarskrif van die
grootste belang dat die sinode hier ook sal gaan kyk na Hand.2:32-36 en die
verklaring daarvan by 4.2.4 b)
3. Tweedens
word in die Psalm deur die HERE met eedswering van "my Here" gesê:
"U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek" (v.4).
Ook dìt word nooit van enige aardse koning uit
die huis van Dawid gesê nie. Die Dawidiese konings was nie priester én koning
nie en nog minder priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek. So 'n
kombinasie van ampte soos 'n proesterkoning is in Israel nie toegelaat nie (Helberg,
1988:169).
Dit word soms as
argument aangevoer dat Salomo 'n priesterlike rol gespeel het en offers gebring
het by die ingebruikneming van die tempel (vgl. 1 Kon.8:64). Holwerda (1974,
p.56-57) gee daarop 'n goeie antwoord. Hy wys in sy rektorale rede oor Ps.110
daarop dat Salomo slegs brand- en dankoffers gebring het. Dit gaan dus oor
offers waarby die idee van versoening op die agtergrond staan, offers wat deur
enige individu gebring kon word volgens die wet. Dit gaan om offers wat in die
voorhof (LW: nie in die heilige nie) gebring is. Die brandofferaltaar het
immers in die voorhof gestaan. Daar kon die volk ook kom. In 1 Konings8:64 –
die inwyding van die tempel deur Salomo – word uitdruklik gesê dat Salomo die
offers in die voorhof gebring het.
Ussia in 2
Kronieke 26:16-21 probeer egter om 'n reukoffer te bring. En die
reukofferaltaar het in die heilige gestaan – daar waar net die priesters mag
kom. Dit was dus 'n werk van die priesters om die reukoffer te bring en in die
heilige in te gaan. Daarop is Ussia met die oordeel van die HERE getref, omdat
hy in die priesteramp ingedring het.
4. Dit kan nie
uit Ps.110 of uit ander Skrifgedeeltes aangetoon word dat Ps.110 vir die
historiese geleentheid van die troonsbestyging van sy seun Salomo geskryf is nie.
Dit is 'n hipotese. Nêrens in die Bybelse geskiedenis lees ons van so iets nie.
5. Calvyn (1979b,
p.571) voel baie sterk daaroor dat hierdie Psalm Messiaans is en uitsluitlik
oor Christus gaan. Hy skryf: Aangesien ook Christus self verklaar dat hierdie Psalm
gedig is met betrekking tot Hom, moet ons die sekerheid hieromtrent aan niks
anders as aan sy eie mond wil ontleen nie. Maar al sou sy gesag en die van die
apostels nie ingeroep word nie, die Psalm self roep luid dat geen ander
verklaring moontlik is nie. Met nadruk sê Calvyn: Dit wat hier in
Ps.110 gesê word, is nie van toepassing op Dawid of wie ook al anders nie, maar
net op die Middelaar alleen.
Calvyn gee dan twee
redes waarom hierdie Psalm nie van toepassing kan wees op Dawid of wie
ook al anders nie:
Om hierdie twee
redes kan hierdie Psalm volgens Calvyn nie na byvoorbeeld Salomo verwys nie (Vgl.
4.2.4 c) om te sien hoe reg Calvyn is).
1. Sinode 2003
sê: "Die Septuagint het ook nie die woord vertaal met die gewone
aanduiding vir Adonai (kurios) nie, maar met ‘n aanduiding van die eerste
persoon suffiks. Die Nuwe Testament haal dit ook so aan".
Sinode 2003 se
argument is: Die Septuagint vertaal "my Here" met toi kurioi mou,
wat gewoonlik die vertaling is as daar adoni ("my here") staan in die
Hebr. As daar Adonai sou gestaan het in die Hebr., sou die Septuagint net met
kurios vertaal het.
2. Hierdie
standpunt van Sinode 2003 kan weerlê word deur daarop te wys dat die Septuagint
ook wel Adonai soms met ho kurios mou vertaal. Dit kan met die volgende
voorbeelde gestaaf word:
3. Dit val op dat
ons Here Jesus Christus in verskillende tekste in die Nuwe Testament my
Here (ho kurios mou) genoem word:
Uit die groot
aantal tekste in die NT wat hierdie Psalm aanhaal, word net enkeles bespreek:
Dit ly geen
twyfel nie: Volgens Jesus self gaan dit in Psalm 110 oor Homself.
Jesus self lê Ps.110 dus Messiaans uit. Hierby moet nadruk daarop gelê word dat
Jesus nie die Psalm maar toe eers op Hom toegepas het nie, maar ‘dat Dawid Hom in die Gees Here noem.’
Jesus sê self dat
nie maar net 'n mens (Dawid in natuurlike aanskoue van sy aangewese seun
Salomo) in Ps.110 aan die woord is nie, maar die Heilige Gees.
Geïnspireer deur die Heilige Gees ("in die Gees") spreek
Dawid nie van 'n koning nie, maar van dié Koning wat ook sy Koning (adonai) is.
Jesus lig ‘n besondere aspek van Ps 110:1 uit, wat die skrifgeleerdes toe nog
goed geken het (daarom het hulle daarna betekenisryk geswyg) maar om politiese
aspirasies gerieflikheidshalwe ignoreer het. Hulle was behep met die openbaring
dat die Messias ‘n adelike nakomeling van Dawid sal wees, maar Jesus wys hulle
daarop dat die Messias ook Heerskap oor Dawid gehad het. As die Skrifgeleerdes
die Skrifopenbaring dat die Messias die Here van Dawid is in ag wil neem, sal
hulle besef waar dit hulle uit sou bring … nie by Dawid se Nasaad alleen nie,
maar ook by sy ewige Voorsaad, by die Een wat veel groter is as Dawid self, by
die een wat veel verhewender is as Dawid self.
Hier is geen
sprake daarvan dat sekere gedagtes in die NT teruggelees word in die OT
(Ps.110) of dat daar 'n Messiaanse uitleg bygeplak of aangeplak word nie, maar
Jesus sê self wat die Heilige Gees self - die Skrywer van Ps.110 – dáár, in
Ps.110 alreeds, bedoel het en van wie Hy - en geen mens nie - gespreek het toe
Hy hierdie Psalm geskryf het en wat 'n gelowige daarom - op gesag van Christus
en sy Gees - vandag dáár mag lees.
Elke verklaarder
wat beweer dat die Messiaanse verklaring van die Psalm 110 ’n latere
interpretasie van die eerste Christene of van Christus is, ’n latere
aanhegting, gaan in teen wat Jesus self en sy Heilige Gees getuig.
Trouens, so ‘n interpretasie kom neer op ‘n verdagmaking van die Heilige Gees
se integriteit soos wat Christus dit uitgelê het. So ‘n interpretasie kom neer
op die miskenning van die aanwysing van Christus soos wat Hy Homself in Psalm
110 laat aanwys het en dit aan die Fariseërs uitgewys het sodat: "niemand
Hom ‘n woord kon antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer
gewaag om Hom vrae te stel nie."
In sy kommentaar
(1897:256-7) op vers 43 sê Calvyn: Christus sê reeds in hierdie vers dat
hierdie Psalm nie met die oog op die persoon van Dawid opgestel is nie.
Inteendeel, dit is deur die Gees van die profesie ingegee as 'n beskrywing van
die toekomstige ryk van Christus, want ook uit die verband van die Psalm kan
maklik bewys word, dat dit wat daar gesê word, ewemin op Dawid as op enige
ander aardse koning van toepassing is. Immers, Dawid voer in hierdie Psalm 'n
Koning in, beklee met 'n nuwe priesterskap, wat die afskaffing
van al die ou skadu's van die Wet noodsaaklik maak.
Calvyn kom hier,
soos in sy kommentaar op Psalm 110, weereens by die punt dat die nuwe
priesterskap die afskaffing van die priesterskap volgens die orde
van Aäron meebring en dat Dawid of Salomo daarom nie bedoel kan wees in Ps.110
nie. Immers, die priesterskap volgens die orde van Aäron het bly voortbestaan
tot en met die NT. Dit is nie opgehef met Salomo nie. Dit is eers met die koms
en werk van Christus, die Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek,
afgeskaf. Hierdie gedagte sal ook weer aandag kry in die volgende punt (4 b).
Maar dit is
noodsaaklik om ook dieper op die woorde "my Here" in te
gaan. In sy konfrontasie met die Jode in Mt.22:42-44 gaan dit vir Jesus om die
vraag: Wie is die Messias? (22:42). Hy het sy menslike kant: Hy kom uit
die geslag van Dawid en is daarom ook die seun van Dawid (22:42). Maar
dan kom Jesus met die Skrif, met 'n aanhaling uit Ps.110, na sy teenstanders
met ‘n unieke retoriese vraag wat sy teëstanders (bekwame kenners van die Ou
Testament) so goed verstaan het dat Hy hulle daarmee vergoed die mond gesnoer
het (vs 46): Hoe kan Dawid dan in die Gees sy eie Seun sy Here noem
(22:43,44)? Floor (1981:67-68) skryf in sy kommentaar op hierdie woorde:
"Die Messias het dus ook sy Goddelike kant! Hy is ook
Here"(kursivering van AHB). En dan vervolg Floor: "Dawid
het dit in die geloof, deur die werking van die Heilige Gees, reeds
gesien en bely en besing" (kursivering van AHB).
Hendriksen (1976:812) skryf ook: Die HERE belowe in Ps.110 aan die Middelaar
sodanige uitnemendheid, mag, gesag en majesteit dat dit net van toepassing kan
wees op Hom wat ten opsigte van sy persoon van alle ewigheid af God is en bly
(Ef.1:20-23; Fil.2:5-11; Heb.2:9; Op.5:1-10 en 12:5). Jesus sien in die woorde
"my Here" meer as dat daarmee slegs gesê sou word dat die komende
Messias Seun van Dawid (d.w.s. koning) sou wees. Hy sou ook Seun van God
en daarom Dawid se Here wees.
En wat meer is,
ook die Jode het Jesus se uitleg van "my Here" so verstaan dat Hy
daarmee gesê het dat Hy die Seun van God is. Die Jode het Jesus se woorde so
begryp, want wanneer Jesus voor die Joodse Raad verskyn, kom Kajafas daarop
terug deur vir Jesus te vra: "Ek besweer U by die lewende God dat U vir
ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?" (Mt.26:63). Met 'n eed
moet Jesus sy eksegese (uitleg) van die "my Here" van Ps.110
bevestig. En - Hy doen dit: "U het dit gesê" (Mt.26:63).
Wat Jesus dan
verder sê, is eweneens van die grootste belang: "Maar Ek sê vir u almal:
Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag
van God en kom op die wolke van die hemel" (Mt.26:64). Weer haal Jesus
Ps.110:1 aan en dan sê Hy met die woorde van vers 64: Wanneer Hy Ps.110 vervul
deur aan die regterhand van God te gaan sit, sal dit metterdaad (met die daad)
bewys word: Hy, die Seun van die mens, is ook die Seun van God, die "my
Here" van Ps.110. Dan sal gesien word dat sy uitleg van
Ps.110 juis is.
Jesus verklaar
Ps.110 (Mt.22:42-44), Hy beëedig sy verklaring van Ps.110
(Mt.26:63-64a) en Hy bewys die korrektheid van sy verklaring van
Ps.110 metterdaad (Mt.26:64b). Ons het hier dus 'n verklaring, 'n
beëdigde verklaring en 'n bewese verklaring van Jesus
self, die Spreker en Skrywer van Ps.110, met betrekking tot die woorde "my
Here".
In die lig van al
hierdie woorde van Jesus, sy verklaring van Ps.110:1, moet die
vraag gevra word: Hoe kan die 2001-omdigting "my Here" in Ps.110:1
omdig met die woorde (en kleinletters) "my koning"? Hoe kan Sinode
2003 hierdie Psalm indirek Messiaans verklaar?
Petrus sê baie
duidelik en onder inspirasie van die Heilige Gees: Die woorde "sit aan my
regterhand" van Ps.110:1 kan nie van toepassing wees op Dawid nie, want
Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek
tot my Here: Sit aan my regterhand (v.34). Dit sien nie op Dawid nie,
maar op Jesus, wat deur God Here en Christus gemaak is, deurdat hy deur die
regterhand van God verhoog is. Met die want nie (ou gar)
ontken die Heilige Gees by monde van Petrus
dat die woorde op Dawid van toepassing is en lui hy ook die rede in
waarom dit nie kan nie. Die teendeel (maar – de) is
waar: hy self (autos) (eerste begryper),
Dawid self, sê iets anders. Met die self word benadruk: Ook Dawid
self in eie persoon sê in die Woorde van Ps.110:1 dat nie hy aan die regterhand
van God gaan sit het nie, dat dit nie op hom van toepassing is nie, maar dat
dit van toepassing is op "my Here", die Messias.
Calvyn se
verklaring van v.34 sê alles: Petrus bewys met hierdie getuienis van Dawid (Sit
aan my regterhand), dat dit reeds lank tevore so deur God bepaal is,
dat Hy die Christus tot die hoogste eer sou verhef. Want hierdie wyse van
spreke (Sit aan my regterhand) wil sê: om die heerskappy oor alle
dinge te hê. Dawid sê dat dit deur God besluit is dat Hy as Koning aan sy
regterhand sou sit en dít kan nie
van Dawid gesê word nie, aangesien Dawid nooit tot so 'n eer verhoog is nie.
Dawid sê dit dus van die Messias. Petrus wil met hierdie woorde (want
Dawid het nie in die hemele opgevaar nie ) dus sê dat die profesie van
die sit aan die regterhand van God nie in Dawid vervul is nie en daarom moet 'n
mens die waarmaking daarvan êrens elders gaan soek. Hierdie vervulling en
waarmaking kan nêrens anders as (kursivering van AHB) in Christus
gesoek word nie.
Volgens die
verkondiging van die Hebreër-brief kon Salomo onmoontlik nie priester volgens
die orde van Melgisedek wees nie.
Immers, Hebreërs
7:18 leer: Die priesterskap volgens die orde van Melgisedek bring die afskaffing,
die opheffing van die priesterskap volgens die orde van Aäron mee. Dit het
egter nie gebeur in die tyd van Salomo nie, maar eers met die voltooiing van
die werk van ons enigste Hoëpriester, Jesus Christus, is die Ou Testamentiese
priesterdiens afgeskaf.
Waarom bring die priesterskap volgens die orde
van Melgisedek die afskaffing van die priesterskap volgens die orde van Aäron
mee? Hebreërs laat ons dit sien: Die Aäronitiese priesterskap was swak en nutteloos,
want hulle het slegs diere-offers gebring, wat onmoontlik nie die
sonde kan wegneem nie (Heb.10:4). Die Hoëpriester volgens die orde van
Melgisedek daarenteen offer sy eie bloed en nie dierebloed nie en
bring daarmee 'n ewige verlossing teweeg (Heb.9:12). Daarin lê die besondere
van hierdie Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek. Dit onderskei Hom van
die priesters volgens die orde van Aäron.
En juis om
hierdie rede kon Salomo nie priester volgens die orde van
Melgisedek wees nie. Immers, hy het maar net soos die Aäronitiese priesters gewone
diere-offers gebring. Ja, as Salomo waarlik priester volgens die orde
van Melgisedek was, was hy in sy priesterskap werklik nie die meerdere van die
Aäronitiese priesters nie, want hy het nie meer as hulle gebring nie (Heb.7:7).
Inteendeel, Salomo was nog eerder hulle mindere, want Salomo kon nie eens
verder as die voorhof van die tempel gaan nie, terwyl die Aäronitiese priesters
tot in die heilige (die priesters) en die allerheiligste (die hoëpriester) ingegaan
het.
Hier kom nog iets
by: Die brief aan die Hebreërs teken die Priester volgens die orde van
Melgisedek as Hoëpriester. Uitdruklik word Hy Hoëpriester
volgens die orde van Melgisedek genoem (Heb.5:10; 6:20). As Hoëpriester het Hy,
anders as die Aäronitiese hoëpriester, sy bloed in die hemelse heiligdom
gebring (Heb.9:11, 24). Hoe kon Salomo Hom ooit afgebeeld het en tipe van Hom
gewees het. Immers, Salomo was nie hoëpriester nie. In teenstelling met die
Aäronitiese hoëpriester kon Salomo nie die allerheiligste ingaan met
versoeningsbloed nie. Trouens, hy kon nie eens die heilige betree nie, maar
moes saam met die res van die volk in die voorhof bly. Ook om hierdie rede kan
Ps.110:4 nie na Salomo verwys nie, want Salomo was geen priester nie en nog
minder 'n hoëpriester.
Teoloë probeer
alles in hulle vermoë om Salomo tot priester te promoveer, maar Hebreërs slaan
al hulle hipoteses aan skerwe en laat sien dat dit in die priesterskap volgens
die orde van Melgisedek nie om priesterskap gaan nie, maar om hoëpriesterskap
en nie om diere-offers nie, maar om oneindig veel meer, naamlik die offer
van sy bloed.
In Hebreërs 1
word verskillende Psalms aangehaal om die Godheid van
Christus te bewys (kursivering – AHB), o.a. Ps.45:7-8
(Heb.1:8-9: "maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle
ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer; U het
geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u
God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle) en Ps.102:25-28 (Heb.1:10-12:
"en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele
is werke van u hande. Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos 'n
kleed verslyt, en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander
word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie"..).
En dan word
ook Ps.110:1 deur Heb.1:13 as bewysmateriaal gebruik (kursivering – AHB) om die Godheid van Christus te bewys:
"En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand
totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?" In hierdie woorde
van Ps.110:1 het ons dus met heel besondere woorde te make, woorde wat verklaar
word deur Heb.1:13 en wat net een verklaring van die "my Here" van
Ps.110 moontlik maak, die uitleg naamlik dat die "my Here" net op
Christus slaan.
Die Skrywer van Hebreërs, Christus deur sy Gees, openbaar hier aan ons waaroor dit in Ps.110:1 gaan. Dit is 'n geïnspireerde uitleg van sy eie Psalmwoord.
Sinode 2003
beveel 'n omdigting aan wat - in stryd met die belydenis - dele van die Psalms
weglaat en verander en wat Christus daaruit weggelaat het.
In die kanonieke boeke het God Hom bekendgemaak en wel "soveel
as wat vir ons in hierdie lewe nodig is tot sy eer en tot die saligheid
van die wat aan Hom behoort".
Ons kan nie sê dat iets in die Psalms onbelangrik is of nie omgedig hoef te
word nie. In die Psalms in hulle geheel – alles, vers vir vers
– gee God ons wat nodig is tot sy eer en tot
die saligheid van die wat aan Hom behoort.
Sinode 2003 trek 'n streep deur hierdie artikel deur 'n omdigting te
aanvaar, wat verse weglaat, wat ons nodig het om God te eer en vir ons saligheid.
Die
Bybelskrywers het die woorde van die kanonieke boeke "deur die
Heilige Gees gedrywe, gespreek". Daarom is hierdie skrifte – die
Psalms ingesluit – "die heilige en Goddelike Skrif",
die eie Woord van God. Hy is daarin aan die woord. "Daarna het God
deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte (profete en apostels)
beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel".
Agter elke Psalm en elke woord van elke Psalm moet ons dus God se besondere sorg vir ons en ons saligheid sien en ons moet hierdie besondere sorg ook so erken en waardeer, deur dit in ons omdigting of beryming te vergestalt. Hy weet wat ons nodig het.
In hierdie artikel word al die kanonieke boeke opgenoem. Deel van hierdie
lys is die Psalms. Met artikel 4 bely ons dus uitdruklik en in soveel woorde
dat ook die Psalms (soos dit in die Bybel staan) – en
vanselfsprekend die Psalms in hulle geheel - deel is van die God
gegewe kanon. Ons moet die kanonieke waarde van die Psalms erken deur die hele
Psalm te berym.
In artikel 5 gaan dit oor die Goddelike gesag van die kanonieke boeke en
dus ook van die Goddelike gesag die Psalms in die Bybel. Ook van die Psalms
geld dat dit "kanoniek" is, dat dit deur God gegee is
"om ons geloof daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te
bevestig".
Die hele Psalmboek is vir ons gegee as kanon of maatstaf
vir ons geloofslewe, dus ook as maatstaf vir ons kerksang, vir ons berymde of
omgedigte Psalms wat ons sing in die erediens. Ons moet hierdie gesag erken,
deur alles om te dig en te sing.
God laat dit nie in ons hande om te besluit oor die "wyse waarop
Hy deur ons gedien wil word" nie. Dit geld ook van ons diens van
sang. Hy beskrywe vir ons "breedvoerig" in die Psalms
wat ons moet sing, die "wyse waarop God deur ons gedien moet word"
in ons sang.
Ons belydenis (NGB Art.7) pas Deut.12:32 op die Bybel in die geheel (die
geïnspireerde Psalms ingesluit) toe en gaan daarvan uit dat dit op grond van
hierdie teks verbode is om iets (ook sekerlik iets van die Psalms) weg te laat.
As 'n omdigting weglaat
en verander, besluit die mens daarmee self hoe hy die Here sal dien ook in die
kerksang.
In hierdie antwoord bely ons: Ons mag God op geen ander manier vereer as
wat Hy in sy Woord beveel het nie. In die Psalms het ons 'n duidelike voorskrif
van die HERE self van wat ons moet sing en hoe ons Hom in ons kerksang moet
eer.
Daarom mag hele stukke van die Psalms nie
weggelaat of verander word soos die 2001-omdigting doen nie.
Ons Kategismus
leer dat óók die Psalms van Christus profeteer.
Deur 'n omdigting aan te beveel, wat dit loën, gaan die sinode teen hierdie
belydenis in.
Nicea
Ons glo … in een
Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die
Vader gebore (genneethenta, pf.part.pass. van gennaoo): Hy is God
uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore (genneethenta,
pf.part.pass. van gennaoo), nie gemaak nie, een in wese met die Vader …
Athanasius
22 die Seun is
deur die Vader alleen nie gemaak of geskep nie, maar gegenereer;
NGB Art.10
Godheid van Christus
Ons glo dat Jesus
Christus ten opsigte van sy Goddelike natuur die eniggebore Seun van God is. Hy
is van ewigheid af gebore (Franse teks: engendré = genereer,
verwek); Hy is nie gemaak nie en nie geskep nie, want dan sou Hy 'n skepsel
wees; Hy is een wese met die Vader, ewig saam met Hom, die ewebeeld van die
Persoon van die Vader, ewig saam met Hom, die heerlikheid (Heb 1:3) en in alles
aan Hom gelyk (Fil 2:6).
Dit val besonder
op dat in die besluite van die sinode, in die motivering van die besluite en
ook in Bylae A geen enkele verwysing na een van die belydenisskrifte
is nie.
Daar is geen
teken dat die kritiek teen die omdigting ooit aan die belydenisskrifte getoets
is nie, ondanks sinodebesluite in dié verband (sien ook 3.5, waar verwys word
na sinodebesluite wat uitdruklik sê dat die omdigting ook aan die belydenis
getoets moet word).
Dr.AH Bogaards
het in sy kritiek, wat voor Sinode 2003 aan die Deputate Liturgiese Sake
gestuur is, uitgebreid daarop ingegaan dat die 2001-omdigting nie die toets van
die belydenis slaag nie. Daardie kritiek is nie in Bylae A verwerk, beantwoord
of weerlê nie. Ten spyte daarvan sê die sinode in motivering 4 dat die
Kommissie die kommentaar nagegaan het en hulle oordeel dat die Deputate aandag
aan al die kommentaar gegee het en dat Bylae A 'n bondige verwerking en
beredenering van die kommentaar is.
Sinode 2003 wil
die probleem van die Messiaanse Psalms deur middel van voetnote by die
Messiaanse Psalms oplos.
Daarteen word die
volgende besware ingebring:
'n Voetnoot
verander niks aan die teks van die omdigting nie. Die teks-sonder-Messias word
gehandhaaf, ten spyte van voetnote.
Hierdie
stelling word beredeneer in 3.4.2 en sal duidelik word uit die voorbeelde daar.
Vooraf moet
benadruk en onderstreep word dat die probleem met die Messiaanse Psalms in die
2001-omdigting regtig nie maar bloot 'n
hoofletter-kleinletter-probleem is nie. Dit is nie maar net hoofletters
wat weggelaat is nie, maar Messiaanse tekste is heeltemal weggelaat of so
verander, dat die verband met die NT nie meer gesien kan word nie.
Verskillende male word die woorde "vandag het Ek U gegenereer" in die Nuwe Testament aangehaal en
toegepas op Christus (vgl. Heb.1:5; Heb.5:5; Hand.13:33-34). Die 2001-omdigting laat hierdie belangrike
woorde egter weg.
Uit hierdie
voorbeeld kan gesien word hoe waardeloos die voetnootbesluit van die sinode is.
Immers, of die sinode nou 'n voetnoot hierby sit of nie, dit bring die woorde
nie terug in die teks van die 2001-omdigting nie én dit word nie gesing nie en
sal nooit meer gesing word nie – ondanks die uitdruklike bevele van die Heilige
Gees (sien 3.1.1).
Die 2001-omdigting dig om: "My God, my God, het U my dan verlaat?"
Die "waarom" is weggelaat. Die "dan" staan nie in die
oorspronklike nie en ook nie in die Nuwe Testament, waar Jesus dit aanhaal nie.
Met hierdie weglating en byvoeging kry die teks 'n ander betekenis: Die
digter is onseker of hy deur God verlaat is.
'n Voetnoot sal
nie die verband tussen Ps.22:2 en die aanhalings in die Nuwe Testament herstel
nie, want daar staan in die omdigting nie wat Jesus aan die kruis uitroep nie.
Die verse lui: "7 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ’n
regverdige septer. 8 U het geregtigheid lief en haat
goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u
metgeselle
In die 2001-omdigting is die "o God" van vers 7 en ook die
"o God" van vers 8 weggelaat.
Ps.45:7,8 word in Heb.1:8,9 aangehaal: "8 maar van die Seun: U
troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ’n
regverdige septer; 9 U het geregtigheid liefgehad en
ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u
metgeselle". Deur die weglatings in die omdigting kan nie meer gesien word
dat Heb.1 Ps.45 aanhaal nie.
Ook in voorbeeld
3 kan gesien word hoe waardeloos die voetnootbesluit van die sinode is. Immers,
of die sinode nou 'n voetnoot hierby sit of nie, dit bring die "o
God" nie terug in die teks nie en ondanks voetnote bly dit onduidelik
watter verband daar is tussen verse van die 2001-omdigting en Heb.1.
In Matteus 22:21-46 sê Jesus dat Dawid in Psalm 110:1 deur die Heilige Gees
van Hom profeteer.
In Matteus 22 leer ons Here Jesus Christus dat met "my Here" iets
so heel besonders gesê word, dat dit doodeenvoudig nie van toepassing kan wees
op enige aardse koning uit die huis van Dawid nie. Dit kan nie slaan op 'n
aardse koning nie, want met die "my Here" word niks minder as die Godheid
van Jesus Christus uitgedruk nie. Daarom noem Dawid sy eie Seun "my
Here". Dìt is Jesus Christus se verklaring van Psalm 110:1:
Hy is nie net die Seun van Dawid nie, maar Hy is veel meer as net dit: Hy is
ook die Seun van God. Later bevestig Jesus hierdie verklaring nog met 'n
eedswering (Mt.26:63) en net in die volgende vers (v.64) sê Hy dat die Jode dit
ook sal sien dat sy verklaring juis is: "Maar Ek sê vir u almal: Van nou
af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God
en kom op die wolke van die hemel". Die Skrywer van Psalm 110 verklaar
dus die woorde "my Here", Hy beëedig hierdie uitleg in
die Naam van die lewende God én Hy bevestig dit met die daad. En
– juis oor hierdie verklaring word Jesus Christus die dood skuldig verklaar
(Mt.26:65-66)!
Op talle ander plekke in die Nuwe Testament word Jesus Christus se Godheid
bewys op grond van hierdie woorde van Ps 110:1, byvoorbeeld in Heb. 1:3,13.
Die
2001-omdigting dig "my Here" om met "my koning" en laat dit
dus slaan op 'n aardse koning – teen die getuienis van die NT in.
Voetnote stel ook
hier weer die probleem nie reg nie, want daar word van uit gegaan dat die
"my Here" ook op 'n aardse koning slaan - teen die getuienis van die
NT in.
Dit is
noodsaaklik om daarop te wys dat die Messiaanse karakter van die Psalms nie
alleen in die sogenaamde Messiaanse Psalms deur die 2001-omdigting aangetas
word nie.
Sinode 2003 sê
tereg in sy motivering (5.1) dat die hele Ou Testament 'n Messiaanse karakter
dra. Dit geld ook van elke Psalm. Al is nie elke Psalm 'n profesie van Christus
nie, tog is sy heilswerk die fondament van elke Psalm en juis hierdie fondament
en hoeksteen, Christus, word in die 2001-omdigting verwyder.
Psalm 143 is 'n gebed van Dawid. In vers 1 bid hy: "HERE … luister tog
na my smekinge (om genade), verhoor my in u trou, in u geregtigheid".
Dawid doen 'n beroep op die HERE se genade en verbondsliefde en trou (in
Christus). Dit is die fondament van sy gebed. Maar daardie vers is in sy geheel
weggelaat deur die 2001-omdigting. Dit is so goed as wat 'n mens vandag die
woorde "verhoor ons om Christus wil" en "in die Naam van
Christus", uit jou gebed weglaat.
Al staan hierdie Psalm nie bekend as 'n Messiaanse Psalm nie, is die
voorbidding van Moses (v.23) 'n heenwysing na die voorbidding van Christus.
Juis hierdie teks word egter deur die 2001-omdigting weggelaat.
Daarom bied die
sinodebesluit van voetnote hierin geen oplossing nie.
Onder 3:1-3.3 is
aangetoon dat die sinodebesluit in stryd in met Skrif en belydenis.
Daarmee is ook
bewys dat Sinode 2003 'n besluit geneem het, wat strydig is met vorige
sinodebesluite.
Hier kan gewys
word op Handelinge 1994 (p.527 e.v.), wat beginsels en riglyne vir die
keuring van Skrifberymings vir die erediens vasgestel het. Hier is ’n
belangrike besluit geneem wat ook vir die psalms geld: 'Die beryming moet die sin en inhoud van die Skrifgedeelte suiwer en
korrek in ooreenstemming met die kerklike belydenis weergee'. (punt 3.2.1.,
p.538). ’n Beswaarskrif van die Part Sinode Noord-Transvaal teen besluit 1991
om deelname aan nuwe psalmberyming te staak, slaag in sy geheel. Daarna ook die
volgende besluit wat toegepas moet word: 'deur
die Sinode goedgekeurde beginsels en riglyne vir die keuring van Skrifberymings
vir die erediens (toe te pas), want dit sal net so geld vir Psalms wat in wese
ook Skrifberymings is'" (punt 4 op p 553).
Sinode 2003
self sluit aan by en brei
uit op die besluit van 1994 deur te besluit: "Die beryming moet die sin en inhoud van die Skrifgedeelte of
Skrifgedeeltes suiwer en korrek in ooreenstemming met die kerklike
belydenis weergee" (21.18, punt E1, p.638).
Die "volg ek
gedweë" gee allermins 'n juiste beeld van die mens in die Bybel.
Inteendeel, in Jesaja 53:6 staan daar van die ons: " Ons almal het gedwaal
soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop" en Romeine 2:9-20 laat ons
'n ander mensbeeld sien as die NB in Psalm 23.
Wat die NB gee,
is sekerlik nie wat die belydenis - op grond van die Skrif - van
die mens leer nie. Ons Kategismus praat van my sondige aard waarteen ek my lewe
lank moet stry (HK 21:56), dat my gewete my aankla dat ek teen al die gebooie
van God swaar gesondig het en nie een daarvan gehou het nie en dat ek nog
gedurigdeur tot alle kwaad geneig is (HK 23:59), dat ons beste werke in hierdie
lewe almal onvolmaak en met sondes besmet is (HK 24:62) en die boosheid wat ons
nog aankleef (HK 51:126). Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik
staande kan bly nie. Daarby hou ons doodsvyande, die duiwel, die wêreld en ons
eie sondige natuur – ja ook ons eie sondige natuur -, nie op om ons aan te val
nie (HK 52:127).
In die
1953-vertaling lui 32:11: "Wees bly in die Here en juig, o regverdiges!
En jubel, alle opregtes van hart!" En 33:1: "O regverdiges,
jubel in die Here! ’n Loflied betaam die opregtes".
Die NB dig die
woord "regverdiges" in 33:1 om met "gehoorsames". Dit is
nie alleen 'n verkeerde vertaling van die oorspronklike, maar dit skep boonop
'n valse mensbeeld.
Psalm 32 en 33 is
ten nouste aan mekaar verbind. 32:1 en 33:1 is byna identies. Dit is
belangrik vir die verklaring van regverdiges in 33:1:
Ps.32 laat
ons sien hoe 'n regverdige lyk: nie 'n gehoorsame (in homself en danksy homself) nie, maar
iemand (Dawid na sy owerspel en moord - ongehoorsaamheid in die kwadraat - soos
helaas ons almal .... die allerheiligste het net 'n klein begin van die nuwe gehoorsaamheid!
HK 44:114 - selfs die allerheiligstes het, solank hulle in hierdie lewe is, nog
maar 'n geringe begin van hierdie gehoorsaamheid) wat pleit om skuldvergifnis
vir sy on-gehoorsaamheid en wat juis, omdat hy dit (die vergifnis deur die bloed van
Christus en die gehoorsaamheid van die Seun van die mens) ontvang, en daarom
alleen, voor God staan as gehoorsame. Hy is geregverdig (alleen) in die bloed
van die Lam. Die gehoorsaamheid van Christus word hom toegereken en geskenk (HK
23:60: Dit reken Hy my toe asof ek nooit sonde gehad of gedoen het nie, asof ek
self al die gehoorsaamheid volbring het wat Christus vir my
volbring het. HK 29:79: Hy verseker ons ook dat al sy lyding en gehoorsaamheid
so seker ons eie is asof ons self in eie persoon alles gely en die skuld vir
ons sondes aan God ten volle betaal het.) . Die NB laat die klem val op die mens
self - hulle is nou die gehoorsames - en nie die mens IN Christus
en danksy Christus nie.
Hier is weer 'n
valse mensbeeld van die NB, 'n mensbeeld wat geensins in harmonie met die van
Skrif en belydenis is nie.
In hierdie verse
is 'n jongmens aan die woord, wat so graag die Wet van die HERE wil onderhou,
maar weet dat hy dit uit homself nie kan nie. In sy "laat my nie afdwaal
van u gebooie nie" (v.10b) en "leer my u insettinge" (v.12b)
spreek 'n diep afhanklikheid van die HERE – soos trouens dwarsdeur in die
Psalm.
Maar die NB laat
juis hierdie verse (vv.10b en 12b) weg in sy omdigting (NB 119:3-4). Daarmee
kom hierdie hele gedeelte in 'n ander konteks te staan: Weg is die
afhanklikheidsgevoel en gebed en voor ons verrys 'n jongman wat dit self
kan doen. Al het die NB dit miskien nie so bedoel nie – dit is wel die
resultaat van die omdigting. Die Heilige Gees het hierdie woorde (vv.9-16) nie
verniet binne 'n bepaalde konteks (vv.10b en 12b) geplaas nie. Ons moet eerbied
vir alles hê: vir die woorde van die Gees en vir die konteks van die Gees – dit
is alles deel van sy Woord.
Nie alleen word
verander aan die grondteks nie, maar die NB dra 'n on-Bybelse mensbeeld in die
Bybelteks in.
Die NB kom ook in
hierdie opsig in stryd met die belydenis.
Talle Psalms is so omgedig dat die verband met ander Skrifgedeeltes nie
meer gesien kan word nie of vervaag het. So kan die Psalms nie meer werklik
verstaan word nie. Die moontlikheid van die toepassing van die groot
Skrifverklaringsbeginsel, Skrif-met-Skrif-vergelyk, bly in die NB in die slag.
Hierdie twee
verse lui in die 1953-vertaling soos volg: 32:11: "Wees bly in die Here en juig, o regverdiges! En jubel,
alle opregtes van hart!" 33:1: "O regverdiges, jubel in die Here! ’n Loflied betaam die
opregtes".
By voorbaat vestig
ek u aandag op die ooreenkoms tussen die twee verse. In beide hoor ons die
woorde "regverdiges", "in die HERE" en
"opregtes".
Die NB dig dit
so om:
Ps.32 vers 4:
Verbly jul in die Here, singend, juigend.
Opregtes, sing, van God se trou getuigend;
wees bly en sing, dié wat op Hom vertrou.
Die Here sal met liefde jul omvou.
Ps.33 vers 1:
Sing juigend, sing 'n nuwe loflied.
Besing opnuut die Heer se Naam;
bring nou 'n lofgesang met eerbied
soos dit gehoorsames betaam.
Opmerkings by
hierdie omdigting:
Nie in een van
die twee verse gebruik die NB die woord "regverdiges" nie. In 32:4
van die NB is dit heeltemal weggelaat en in 33:1 van die NB met
"gehoorsames" vertaal. Die wonderlik mooi verband
tussen die einde van Ps.32 en die begin van 33 bly in die slag. Wat in die
oorspronklike (en ook in die 1953-vertaling) so besonder opval – dat 32:11 en
33:1 byna dieselfde is en dat Ps. 33 dus as't ware begin waar Ps.32 ophou – dit
is in die NB weggedig.
Wie wil weet wat
Ps.33:1 met regverdiges bedoel, moet na Ps.32 gaan kyk: Daar is dit duidelik
dat 'n regverdige nie 'n gehoorsame is nie (soos die NB omdig), maar iemand wat
vir sy vele ongehoorsaamhede vergifnis ontvang het en daarom 'n regverdige voor
God is (Vgl. woorde soos sonde, oortredinge, ongeregtighede in Ps.32)
Male sonder tal
word in die Ou Testament van "die dag van die HERE" (vgl. o.a.
Jes.13:6,9) en "die dag van sy toorn" (Klaagliedere 2:1) gepraat.
Dit kom ook ter
sprake in Psalm 110:5: "Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die
dag van sy toorn". Dit word in die NB doodeenvoudig weggedig – 'n
openbaringshistories gelaaide uitdrukking – deur om te dig: "En God se
toorn sal u laat seëvier".
Soos iemand gesê
het: In die Psalms hoor ons die eggo van Moses en die profete. Maar – in die NB
het daardie eggo in 'n ontstellende groot mate stil geword.
Wie kan nog in
die NB se weergawe van hierdie Psalm die weerklank van Moses – Exodus, Numeri
en Deuteronomium - hoor? Farao en die dood van Egipte se eersgeborenes is weg,
Sihon is weg, Og is weg -die heilsgeskiedenis waaroor die digter sing.
Waar kom die
uitdrukkings "God van die gode" (v.2) en Here van die here (v.3)
vandaan? Uit Moses (Deut.10:17). Maar hierdie uitdrukkings staan nie in die NB
nie.
Wie kan in die NB
se omdigting van Ps.137:9 nog die weerklank van Jes.13:16 hoor?
Soos iemand gesê
het: In die Psalms hoor ons die eggo van Moses en die profete. Maar – in die NB
het daardie eggo in 'n ontstellende groot mate stil geword.
·
Psalm
2:7
Verskillende male
word die woorde van Psalm 2:7, "vandag het Ek U gegenereer", in
die Nuwe Testament aangehaal en toegepas op Christus. Hebreërs 1:5
("Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het
Ek U gegenereer?") is een voorbeeld daarvan (vgl. ook Hand.13:33-34;
Heb.5:5).
Die NB laat
hierdie belangrike woorde egter weg. Daarmee word dit onmoontlik om die verband
tussen hierdie Psalm en die NT te sien en om hierdie vers in die lig van die NT
te verklaar.
·
Psalm
22:2
Die NB dig om:
"My God, my God, het U my dan verlaat?"
Wie kan hier nog
goed die verband met die kruiswoord van Jesus in Mt.27:46 ("My God, my
God, waarom het U My verlaat?") sien? Want dit wat in die NB staan, is nie
dieselfde as dit wat Jesus aan die kruis uitgeroep het ( en wat in
oorspronklike teks van Ps.22 staan) nie.
·
Psalm
110:5
Die uitdrukking
"die dag van sy toorn" (v.5) word nie weergegee in die
omdigting nie. Daar word slegs omgedig: "En God se toorn sal u laat
seëvier". In die Nuwe
Testament word daar in Openbaring na hierdie dag verwys en daar word dit heel
spesifiek genoem "die groot dag van sy (die Lam) toorn" (Op.6:16).
·
Psalm 118:22
Die teks in die
Bybel lui: "Die steen
wat die bouers verwerp het, het ’n hoeksteen geword". Die NB
dig dit om: "Die klip wat eers 'n plek ontsê is as bousteen
in die groot gebou - Die steunpunt waar dit ingelê is...". Met die wegdig
van die woord "hoeksteen" kan 'n lidmaat nou onmoontlik meer die verband
met tekste soos Mt.21:42, Mk.12:10,11, Lk.20:17, Hand.4:11, Ef.2:20-22;
1Pt.2:4-8 en Sag.4:7 sien nie. Dit het onsigbaar geword en onmoontlik om te
sien dat ons hier met 'n teks te make het wat van Christus sing. Dit verduister
hierdie Psalm se Christologiese karakter en inhoud. Dit is eintlik onbegryplik
dat die NB die woord "hoeksteen" nie net so weergee in die omdigting
nie. Dit is tog 'n erkende en bekende woord in Afrikaans. Boonop is dit ook die
vertaling wat die beste woordeboek in Hebreeus (Koehler) gee.
Die NB leer
lidmate nie die Skrif – die Ou Testament en die Nuwe Testament - ken en
verstaan nie.
Die Psalms is nie
algemene godsdienstige liedjies nie, maar liedere wat aansluit by die
openbaring van die HERE in Moses en die profete. Die Psalms hang nie in die lug
nie, maar wys heen na en profeteer van dit wat ons in die Nuwe Testament lees.
Reeds in sy
wegdig van die Verbondsnaam HERE (Jahwe) kan gesien
word hoe weinig gevoel en waardering die NB vir die verbondslyn in die Psalms
het. (Hiermee wil ons glad nie sê dat net die Naam HERE in verband met die
verbond gebruik word nie).
Die NB se
hantering van die Wraakpsalms onderstreep eweneens hul gebrekkige
waardering vir die verbond, want die WraakPsalms het alles te doen met die
verbond. Dit gaan immers in daardie Psalms om verbonds-wraak. In
aansluiting hierby kan die NB se weglating van "die dag van sy toorn"
(Psalm 110:5 ) genoem word – daardie groot dag van die HERE se verbondswraak.
Maar dit is nog
nie al nie. Wie Messias sê, sê verbond, want Christus is die vervulling van die
verbond, die hart van die verbond, die fondament daarvan. Deur so om te gaan
met die Messiaanse Psalms soos wat die NB dit doen, word die
fondament van die verbond aangeraak.
Die Bybel self
gebruik die woord 21 keer (in verband met die verbond van die HERE), die NB net
13 maal. Dit het sekerlik nie net met die NB se verkorting van die Psalms te
make nie. Inteendeel, in 3 Psalms (Psalm 25, 55 en 74) is dit doodeenvoudig
heeltemal weggelaat deur die NB.
In Psalm 136
dig die NB goedertierenheid om met die woord "liefde": "Deur sy
liefde onbeperk het Hy wondere bewerk". In die 1953-vertaling lui die
refrein: "Want sy goedertierenheid is tot in ewigheid".
Hierdie refrein
kom ook nog in ander Psalms voor. Die NB dig dit dan soos volg om: "Gods
liefde onbeperk" (Ps.106:1); "Sy liefde, grenseloos" (Ps.107:1);
"eindeloos is sy genade" (Ps.118:1).
"Liefde
onbeperk" of "liefde grenseloos" is nie 'n goeie vertaling nie.
Die "onbeperk" klink vir my te wyd (God is liefde, vir
alle mense?). Dit klink, om die minste daarvan te sê, vreemd op die oor. God se
liefde (ek verkies trou, lojaliteit) is nie onbeperk nie. Dit is begrens, want
dit is verbondsliefde of -trou, goedheid binne die raamwerk (grense) van die
verbond. Dit is die HERE se trou jeens sy verbondsvolk met wie Hy in 'n
verbondsverhouding staan. Maar van hierdie verbondstrou, die goedheid vir sy
volk, kan ons sê dat dit tot in ewigheid is. Ps.136 wys juis dat hierdie
verbondstrou of goedheid altyd daar is: Dit begin al by die skepping, word
ervaar in die verlossing uit Egipte en dra die volk tot in Kanaän (die
ewigheid). Dit kan in al daardie gebeure gesien word.
Die beste
Hebreeuse woordeboek (Koehler – nuutste uitgawe) sê (spesifiek by Psalm 136)
ten opsigte van goedertierenheid (chesed) die volgende: God’s
relationship (dit gaan dus om 'n verhouding, 'n verbondsverhouding – AHB) with
the people or an individual, faithfulness, goodness, graciousness (LW:
nie "liefde" nie). Die woord goedertierenheid kan volgens my goed
weergegee word met verbondstrou, -goedheid of- lojaliteiteit. Daarin sit beslis
ook die element van genade. Die liefde is onverdiend. Daarom vertaal die NT dit
ook met genade (Joh.1:14: vol van genade…- tot oorlopens toe vol van
onverdiende verbondstrou). Dit is liefde wat gegrond is in die bloed van die
verbond - daarom deur en deur genadige goedheid.
Psalm 146 is soos alle ander Psalms liedere van die
verbond. Dit gaan daarin oor die HERE se sorg vir sy verbondsvolk. Vers 4 van
die NB (omdigting van vers 6-7) laat dit egter slaan op die mens in die
algemeen, want dit lui: " So bly Hy ook aan die mense as sy maaksels
steeds getrou" – terwyl dit heel in die besonder gaan om die HERE se trou
jeens sy volk en spesifiek sy trou jeens die verdruktes onder hulle. In vers 8
(in die Bybel) staan dan, nadat die HERE van sy trou jeens sy verbondsvolk
gepraat het: " die Here het die regverdiges lief".
Die regverdiges – 'n verbondswoord deur en deur, 'n woord van
kardinale belang in die Psalms, 'n woord wat reeds in die heel eerste Psalm
aangetref word. Daarmee word uitgespel presies oor wie dit in hierdie Psalm
gaan, wie die voorwerp van die HERE se sorg is: nie die mensdom in die algemeen
nie, maar hulle onder sy volk wat deur die geloof in die regte verhouding –
deur die geloof geregverdig - tot Hom staan. Maar die NB laat juis hierdie sin
heeltemal weg.
En dan Psalm
33. Hoe verbysterend min gevoel die NB vir die verbond het en vir dit wat
die hart van die Reformasie van Calvyn en Luther was – die regverdigmaking deur
die geloof alleen – kan ook gesien word in die NB se Psalm 33:1: "soos dit
gehoorsames betaam". Maar in die oorspronklike staan daar ten enemale nie
gehoorsames nie, maar "regverdiges". En juis in verband met Psalm 32
kan gesien word wat hierdie regverdiges eintlik is: nie gehoorsames nie, maar
hulle wat deur die geloof geregverdig is en daarom alleen regverdiges is. Die
woord regverdiges in Psalm 33 kan net begryp en verstaan en uitgelê word in die
lig van Psalm 32 en die wonder van skuldvergiffenis waarvan laasgenoemde sing.
Geen enkele Hebreeuse woordeboek sal die woord regverdiges so vertaal soos die
NB dit in Psalm 33 doen nie.
Ook in hierdie
opsig skiet die NB wat Skriftuurlikheid betref tekort. Dit lyk asof die NB geen
gevoel vir die verbond het nie.
Dit is opvallend
hoe min waarde die NB heg aan die feite uit die Heilsgeskiedenis – terwyl die
Heilige Gees juis besondere waarde daaraan heg deur die name en feite pertinent
te noem. Die NB se argeloosheid kom uit in dinge soos weglating van eiename en
heilsfeite uit die heilsgeskiedenis.
Net 'n paar
voorbeelde ter illustrasie:
Vers 28 in die 1953-vertaling lui: "Daar is
Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda—hulle
menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali".
Die name in
hierdie vers is glad nie omgedig nie. Maar dié name – Benjamin, Juda, en
Sebulon, Naftali. – , dit is sekerlik nie niksseggend nie. Dit gaan nie om
gewone name nie, maar om die kerk, die volk van God! Wat 'n wonder dat ook
Sebulon en Naftali daar is as bewys dat ook hulle gebied, wat so lank onder
vreemde oorheersing verkeer het, weer deel uitmaak van die erfgoed van Israel.
Ook hulle deel in die triomf, in die opgang van die ark, in die triomftog van
die HERE. Die Heilige Gees wil dat dit gesien moet word en vir altyd onthou
moet word – maar die NB laat dit weg. Vir die NB is die name Sebulon en Naftali
niksseggend, maar vir die Nuwe Testament (Mt.4:13 e.v.) is hierdie name so
gewigtig, dat spesiaal melding gemaak word van Sebulon en Naftali en die
vervulling van die profesie van Jesaja 8:23 e.v.: "En Hy het Násaret
verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en
Náftali, sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy
gesê het: Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die
Jordaan, Galiléa van die heidene — die volk wat in duisternis sit, het ’n groot
lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het
’n lig opgegaan".
Vers 32 in die 1953-vertaling lui: "Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God". Maar van die name Egipte en Kus hoor ons niks in die NB nie. Maar name sê iets: Dat magtiges uit Egipte, die Egipte van wie Israel soveel gely het, die vyand van God en sy volk, dat selfs hulle kom om die God van Israel te eer – is dit nie vermeldenswaardig nie? Die NB dink nie so nie.
Terwyl die
Heilige Gees besluit h amily:Arial;mso-ansi-language:
NL'>
Baie van die
kritiek aanvaar sonder meer dat die Ou Beryming of die Ou Vertaling korrek is,
sonder om die moontlikheid dat die Nuwe Vertaling of die Nuwe Beryming op
sekere punte ‘n beter weergawe van die oorspronklike kan wees, in ag te neem
nie. So is die partikel ki in Psalm 136 in die Ou Vertaling en die Ou Beryming
redegewend vertaal, terwyl dit eerder bevestigend moet wees. Hier is die Nuwe
Beryming en Vertaling dus beter.
1.5 In die bespreking van die kritiek op die Nuwe Beryming,
kan die kritiek in sekere groepe verdeel word, omdat sekere sake telkens weer
na vore kom. Die kritiek handel dikwels oor sekere beginselsake, soos
byvoorbeeld die hantering van die Godsname, wraakpsalms en Messiaanse Psalms.
Vir die beoordeling van sulke kritiekpunte is dit sinvol om die beginsel wat
ten grondslag van die kritiek lê, te formuleer en te beoordeel. Alhoewel ‘n
mens nie die twee berymings met mekaar behoort te vergelyk wat die afsonderlike
Psalms betref nie, is dit wel sinvol om in die geval van sulke beginselsake te
kyk hoe die Ou Beryming dit hanteer het, omdat die Ou Beryming tans die
aanvaarde beryming is.
1.6 Van die kritiek wat teen die Nuwe Beryming uitgespreek
word, gaan daarvan uit dat die Nuwe Beryming baie nou verband hou met die Nuwe
Afrikaanse Vertaling. Die stelling kan wel bevraagteken word. In die
verskillende Kommissies wat die berymings beoordeel het, is telkens na die
oorspronklike gegaan om die beryming daaraan te toets. Dit is bekend dat die Nuwe
Vertaling dikwels die Psalms ontbeeld het, terwyl beeldspraak juis ‘n besondere
rol in poësie speel. Die Nuwe Beryming het gevolglik meer van die beeldspraak
behou as die Nuwe Vertaling.
In die lê
van ‘n verband tussen die Nuwe Beryming en die Nuwe Vertaling word in die
kritiek teen die Nuwe Beryming ook dikwels dieselfde kritiek teen die Nuwe
Vertaling uitgespreek as teen die Nuwe Beryming. In die proses vergeet diegene
wat die kritiek uitspreek egter dat die Nuwe Vertaling deur die Sinode van 1985
by die kerke vir gebruik aanbeveel is en dat ‘n Beswaarskrif teen die Nuwe
Vertaling, wat voor die Sinode van 1988 gebring is, deur die Sinode van 1991
volledig afgewys is. Baie van die kritiek teen die Nuwe Beryming is dus reeds
inhoudelik deur die Sinode van 1991 afgewys as redes om die Nuwe Vertaling nie
in die kerke te gebruik nie en sal dus ook nie geld as beswaar teen die Nuwe
Beryming nie. Beginsels wat vir Bybelvertaling geld, kan ook nie sonder meer na
Psalmberyming oorgedra word nie. ‘n Mens sou dus nie by ‘n vertaling maklik
iets by die oorspronklike voeg nie, terwyl dit by beryming wel kan gebeur, bv.
om ‘n strofe vol te kry, soos wat in die Ou Beryming by Psalm 1 strofe 4
gebeur. Natuurlik is sulke byvoegings onderhewig aan voorwaardes, soos dat dit
iets van die Psalm herhaal of direk daarby aansluit.
Dit gaan in die betrokke beswaar daaroor dat die
onderskeid in die Name Jahwe en Adonai nie in die Nuwe Beryming gehandhaaf is
nie en dat God soms gebruik word waar Jahwe/Adonai staan of Here/Heer waar
Elohim staan. Die basiese beginsel is dus dat die onderskeid tussen die drie
name in ‘n beryming van die Psalms konsekwent gehandhaaf moet word. In die
opsig wys heelwat van die beswaardes na besluite van die Sinode in die verband
(vgl Bundel Kommentaar: 4, 37, 45, 54, 63, 86, 88-89, 107, stuk dr. Bogaards
–AB7 e.v., 44) en word die kritiek verbind aan soortgelyke kritiek teen die
Nuwe Vertaling.
Wat die Nuwe Vertaling betref, was die saak van die
onderskeid tussen Jahwe en Adonai een van die kritiekpunte teen die vertaling
in die Beswaarskrif wat teen die Nuwe Vertaling voor die Sinode van 1998 gedien
het. Alhoewel die Sinode in 1991 (Acta 122) meriete in die beswaar gesien het,
is dit nie beskou as genoegsame rede om die betrokke beswaar teen die vertaling
te handhaaf nie.
Soos bo gestel, kan die beginsel ook aan die Ou Beryming
getoets word. Dit is wel so dat die Ou Beryming HERE/HEER vir Jahwe gebruik;
Here/Heer vir Adonai en God vir Elohim. In beginsel word die onderskeid wel
gehandhaaf, maar uit ‘n kort steekproef blyk dit spoedig dat die onderskeid nie
konsekwent gehandhaaf word nie. So kom in Psalm 1 Jahwe twee keer in die
Hebreeus voor en God nie een keer nie. Die Ou Beryming het God twee keer en
HERE nie een keer nie. Psalm 14 en 53 is feitlik identies, met onder andere ‘n
verskil in die gebruik van die Godsname. In Psalm 14 kom Jahwe 4 keer voor en
Elohim 3 keer. In Psalm 53 kom Jahwe nie een keer voor nie en Elohim 7 keer. In
Psalm 14 kom God in die Ou Beryming 6 keer voor en Godsvrees een keer. HERE
word nie een keer aangetref nie. In Psalm 53 het die Ou Beryming God 8 keer,
Godsvrees een keer en HERE nie een keer nie. In Psalm 25 kom Jahwe 10 keer voor
en God 3 keer. In die Ou Beryming kom HERE 9 keer voor en God 7 keer. In Psalm
87 kom Jahwe 2 keer voor en God een keer. In die Ou Beryming staan HERE een
keer en God vier keer. In Psalm 116 staan Jahwe 15 keer en Elohim een keer. In
die Ou Beryming staan HERE 8 keer en God 4 keer. Voorbeelde hiervan kan
vermenigvuldig word. In die Ou Beryming word Adonai ook nie konsekwent met Here
weergegee nie. In Psalm 2:2 en 38:8 word Adonai met HEER weergegee en in Psalm
68:8 met God. Die Adonai wat in Psalm 68:12, 27 en 33 (OAV) staan, is nie in
die Ou Beryming nie. Vir die saak van die Godsname in die Ou Beryming is Psalm
86 merkwaardig. In die Hebreeus kom Jahwe 4 keer voor, Elohim 4 keer, El een
keer en Adonai 7 keer. In die Ou Beryming staan HEER/HERE 10 keer, God 7 keer
en Here nie een keer nie. Die Ou Beryming het dus duidelik nie uitgegaan van ‘n
beginsel dat die Godsname getrou weergegee moet word nie. Dit hoef dus ook nie
te geld as ‘n beginsel by die Nuwe Beryming nie. Die Ou Vertaling was in
hierdie opsig konsekwent, die Ou Beryming egter nie.
Die hantering van die sogenaamde wraakpsalms in die Nuwe
Beryming kom ook in ‘n aantal skrywes voor (vgl Bundel 41, 51-52, 63, AB28).
Hier word in die besonder verwys na Psalm 139 (Bundel 51-52). By Psalm 139 is
daar twee berymings. Die verwysing is na die tweede, want die eerste het die
wraakgedeelte baie duidelik berym, in bv. strofe 10. Verder word ook verwys na
Psalm 59 (Bundel 63) en 137 (Bundel AB 29). Wat Psalm 59 betref, staan die
wraakgedeeltes in strofe 2 reël 4, strofe 3 reël 3 en 4 en die hele strofe 5.
Wat Psalm 137 betref, het die eerste beryming duidelik die wraakgedeelte in
strofe 4. In die tweede beryming staan dit ook duidelik in strofe 4. Daar was
geen sprake van ‘n sistematiese poging om die wraakgedeeltes uit die beryming
weg te neem nie. Hierbo is enkele voorbeelde genoem waar die kritiek nie die
volle verhaal vertel nie. Daar is talle Psalms in die Nuwe Beryming waar die
oordeel duidelik uitgespreek word, soos Psalm 52 om ‘n enkele voorbeeld te
noem. Dit mag wees dat in sommige gevalle dit nie sterk genoeg na vore kom nie,
soos in die tweede beryming van Psalm 139, waar dit wel aan die orde kom in die
eerste twee reëls van strofe 5, en glad nie soos die kritiek beweer nie.
‘n Aantal skrywes voer aan dat die verbondsgedagte nie
tot sy reg kom in die Nuwe Beryming nie (Bundel 40, 53, 58, 107, AB 37 ev).
Kritiek sluit in dat die verbondsgedagte in Psalm 105:3 nie so sterk is as in
die Ou Beryming nie (Bundel 40); dat die verbond in die nuwe omdigtings nie
berym is in Psalm 25:10, 14, 55:21, Psalm 78:10 (waar ook die wet verswyg
word), Psalm 89:4 en 132:12 (Bundel 53), Psalm 74:20 (Bundel 58) nie en dat die
woord verbond net 13 maal in die Nuwe Beryming staan, teenoor 21 in die
Hebreeus.
Hierdie beswaar hou tot ‘n groot mate verband met ‘n
foutiewe standpunt oor die verhouding tussen woorde in verskillende tale. Die
bewering is dat die Nuwe Beryming die woord verbond uitlaat. Indien ‘n beryming
op die oorspronklike gebou word, moet onthou word dat Hebreeus nie ‘n woord
“verbond” het nie. Verbond is ‘n Afrikaanse woord. In Hebreeus kom die woord berît
voor, wat in sekere omstandighede met verbond vertaal kan word, maar nie altyd
nie vertaal kan word nie. In teologiese terme sou ‘n mens die gedagte van die
verbond verbind aan die verhouding tussen God en sy kinders, waarin God die
inisiatief neem. In een van die stukke word gesê dat die Bybel self die woord
verbond 21 keer gebruik in verband met die verbond van die Here.
Die Hebreeuse woord kom voor in Psalm 25:10 en 14, 44:18,
50:5 en 16, 55:21, 74:20, 78:10 en 37, 89:4, 29, 35 en 40, 103:18, 105:8 en 10,
106:45, 111:5 en 9 en 132:12. Dit is egter nie so dat die woord in al die
gevalle in verband met die verbond van die Here gebruik word nie.
Selfs al word dit in verband met die verbond gebruik,
beteken dit ook nie noodwendig dat dit met verbond vertaal moet word nie. Die
woord kan byvoorbeeld dui op die bepalings van die verbond en dan sou die woord
met verbondsbepalings of voorskrifte of iets dergeliks vertaal kan word. Dit
kan ook dui op die verbondsoordeel, soos bv. in Jeremia 11. Dit kan ook dui op
die band tussen vriende, soos in Psalm 55:9 in die Ou Beryming, waar die woord
met vriendskapsbond vertaal is. “Ontrou en verraad” in 55:5 in die Nuwe
Beryming verwys ook hierna. Dit is tog dieselfde as om die vriendskapsbond te
breek, soos in die Ou Beryming. Die konteks moet dus help bepaal wat die
presiese betekenis is, en ‘n vertaling met verbond is nie verpligtend in alle
gevalle nie. So word die woord in Psalm 25:10 in die Ou Beryming weergegee met beloftes
(25:5) en in die Nuwe Beryming met gebooie. Beide is verantwoorde weergawes.
Die Ou Beryming omskryf soms die verbond, of voeg daar iets by, soos
heilsverbond in Psalm 44:6, verbonde in 50:3 (terwyl die meervoud van die
Hebreeuse woord nie voorkom nie), Godsverbond (78:5), trouverbond (89:2),
bondsbestel (105:6) Die woord word met verbond weergegee in die Ou Beryming
25:7, 50:8, 74:15, 78:13, 89:11, 13, 15, 103:9, 105:5, 106:18, 111:3, 5 en
132:8 en in die Nuwe Beryming in 44:6 (OB heilsverbond) 50:2 (OB verbonde), 6,
78:10, 89:8, 9, 10, 103:7, 105:3, 106:6, 111:3 en 132:5. Ten opsigte van Psalm
25:14 (MT) is dit so dat die Nuwe Beryming nie die woord berît
vertaal nie, maar die laaste drie strofes beklemtoon die verhouding tussen God
en die bidder, wat dus wel die idee van die Hebreeuse woord weergee. In Psalm
74: 7 gee die woorde “ons, u volk” die inhoud van berît weer in die
Nuwe Beryming. In Psalm 78:4 staan in die Nuwe Beryming dat die volk aan God
ontrou was, wat presies neerkom daarop dat hulle nie die verbond gehou het nie.
Alhoewel die woord verbond nie in Psalm 89:1 in die Nuwe Beryming staan nie,
spreek die hele gedagte van die verbond met Dawid uit woorde soos trou en eed
en die duur van die verhouding deur die geslagte. Psalm 111:4 gebruik ook
verbondstaal sonder om die woord verbond te gebruik.
Hierdie bespreking maak dit duidelik dat die kritiek oor die wegvertaal van verbond, nie opgaan nie. Dit gaan soms uit van die gedagte dat een Hebreeuse woord altyd met een Afrikaanse woord weergegee moet word. Dit hou nie rekening met verskillende betekenismoontlikhede van een woord nie. Dit hou ook nie rekening met die konteks van die woord nie en hou ook nie rekening met die moontlikheid dat ‘n saak in ‘n beryming aan die orde