Dr Moisés Silva, redakteur van die "Westminster Theological Journal" en voormalige professor in Nuwe Testament aan die "Westminster Theological Seminary" in Philadelphia (VSA), beskryf hierdie program soos volg: "...for anyone wishing to study the Biblical languages in depth, this program is a dream come true."
Daar is ook heelwat onafhanklike resensies, insluitende 'n resensie deur dr AH Bogaards in "Waarheid en Dwaling", geskryf vir BibleWorks.
Volledige besonderhede van die program is beskikbaar in 'n gratis brosjure.
'n Hele reeks gebruikersmodules vir BibleWorks kan vanaf hulle webwerf afgelaai word. Dit sluit ook die volgende in wat deur Willem Swanepoel van Krugersdorp opgestel is en direk vanaf dr Bogaards se webwerf afgelaai kan word: