Ds.
Jan Coetzee Datum: 15 Junie 2003
(Oggend)
Lees:
Jesaja 6: 1-13
Teks:
Jesaja 6: 8
Psalms:
138:1,3; 1:1; 75:1,2;
71:12,14; 136:1-3
Datum:
15 Junie 2003 (Oggend)
Daar
is deur ‘n skrifverklaarder geskrywe dat die profeet Jesaja, onder die profete, ‘n geweldige
verskyning was. Dit is so; hy
het die volle raad van God gehoor, hy het Hom gesien en bly lewe. Selfs Moses was
nie toegelaat om God se heerlikheid te sien nie, die Bybel sê God het Sy hand
oor Moses gehou toe Hy by hom verbygaan. Maar hier in Jesaja 6
leer ons hoe die Here die profeet geroep het.
Nou
vra mense: Het Jesaja dan nie maar soos al die ander profete gemaak en begin
met sy roeping as profeet nie? Jesaja is ‘n heel ander soort boek as wat die ander
profete geskrywe het.
In
die
verbygaan wys ek u daarop dat hierdie ding wat die geleerdes soms sê dat dit
meer as een skrywer is wat aan Jesaja se profesie gewerk het, nie houdbaar is
nie.
Suiwer op grond van die taal en die grammatika wat gebruik word, die ongewone
vaardigheid om die
Bybelse Hebreeus te hanteer, soos voor en na Jesaja nog nooit gebeur het nie,
tot op die hede. Dit alleen bewys dis een skrywer. Hulle wil maar nie hê dat
mense moet glo dat Jesaja so lank voor Christus se koms, al kon weet van Hom en
wat Hy moet doen nie.
Maar dit is juis as God Sy raad bekend maak en as Hy Hom aan
mense vertoon, dat dit oor Christus gaan.
So
was die profeet Jesaja,
by al sy begaafdheid, ook begaafd om God se raad te ken
en hy moet dit gaan oorvertel aan Israel. Die jaartal is
nogal taamlik
akkuraat
te bepaal, want hy sê
dit was in die sterfjaar van koning
Ussia toe die roeping gekom het. Hy het opgetree in die tyd van ‘n hele paar
konings, Agas, Hiskia,
tot by Josia.
En dit was volgens die koningslyste wat bewaar gebly het, ook deur die argeoloë,
redelik akkuraat bepaal, dan in die jaar 737 voor Christus. Min kere in die
Woord van God kan jy so presies wees, maar dit is toe dat die Here gevra het: ‘Wie sal ek stuur?’, en Jesaja gesê het
dat hy daar is.
Nou, die raad van God se
inhoud is nie so ingewikkeld as
wat mens dink nie. God se raad, Sy
plan waarvolgens Hy die wêreld se geskiedenis laat verloop en die Kerk se
geskiedenis laat verloop, is nie ingewikkeld nie.
Dit hou in, soos Jesaja
hier uitdruklik in sy boek skrywe: God
straf die afval en Hy maak dit
ook onmoontlik vir mense om te glo. Trouens, dit is
Jesaja se opdrag: Gaan sorg dat Israel jou nie glo nie. Dit sou nou meestal dié in Judea gewees
het, Jerusalem was Jesaja gewoond. Sorg dat hulle die Here se Woord nie verstaan nie.
Dit
lyk my daar is baie Jesaja’s, as dit al opdrag was, want daar is baie mense wat
vandag sorg dat ons die Woord van die Here verkeerd verstaan. Maar Jesaja was
uniek. Hy het vir Israel
gesê: Julle almal is tot niet en die Here sal die nog ongebore geslag red --die stomp waarvan
hy praat wat soos ‘n boom nuwe uitlopers maak. Die nog ongebore geslag word
salig en die wat daar is, met hulle is dit verby.
G’n
wonder hulle wou hom nie glo nie. Hy het vreeslike goed vir hulle gesê, veral as ‘n
mens in ag neem
dat, in die tyd van
koning Josia, Israel baie ryk
en welvarend geword het. Omdat die heidense volkere --die een grote is
Egipte,
Babel wat vernietig was en daar het nog nie ‘n nuwe een gekom nie en die
Assiriërs, wat ‘n treurige koning gehad het, nie ‘n gevaar was nie-- kon hulle
besigheid doen. En hy sê vir hulle (dit staan in hoofstuk 37): Julle sal so
verskrik raak, dat julle julle goud en silwer vir die molle en die vlermuise
sal gooi. Julle sal vlug en dit sal julle niks help nie, die swaard maak julle dood.
So ‘n evangelie is
verskriklik.
Maar nou moet ons onthou,
dit is nie die evangelie wat Jesaja gaan verkondig het nie, hy het die raad van
God verkondig.
Hoe die wêreldgeskiedenis verloop, al sondiger, al afvalliger en selfs die
Kerk kom daar nie
by verby nie. Maar dan is daar die
belofte van die oorblyfsel:
dit is die evangelie.
Nou
het daar verskriklike goed gebeur. Ek dink aan hierdie selfde koning Hiskia,
van wie ons hier lees. Wat die oordeel aangesê is omdat hy sy skatte, dit was
eintlik
die Here s’n gewees, aan die ambassadeurs van Babel getoon het na hy gesond
geword het op die
wonderbare manier. Toe kom die profeet na hom
toe en sê: Omdat jy dit gedoen het gaan die Here die land straf, maar nie in
jou tyd nie, dit sal in jou seun se tyd wees. Toe sê
Hiskia: Dankie tog,
laat ek dan lewe, laat dit maar my nageslag wees wat die oordeel dra. Net die
teenoorgestelde van die evangelie waar die Here sê: Dit is die nog ongeborenes,
nie hierdie ongehoorsames nie, wat die seën van die Here sal ontvang;. Wwat die volle
redding en verlossing gaan hê.
Nog
iets oor Jesaja se profesie,: dit het baie
hoofstukke. In die eerste 39 hoofstukke sê hy vir baie lande, en vir Israel,
die oordeel aan. Nou sê mense dis die kwaai Jesaja, die eintlike een. En daar waar “Troos,
troos my volk.” begin in hoofstuk 40, is dan ‘n makker
ene na hom. Maar hulle skryf dieselfde taal en styl.
Maar
nou, dis nie waar nie.
Die kwaai Jesaja het reeds in hoofstuk 7, sodra hy
geroep was, van die Immanuel-teken gepraat, die maagd sal
swanger word. Hy het geskrywe van die vrederyk van die Messias wat gaan kom. --Wwat tot vandag toe
vir baie mense ‘n duister saak is, ofskoon die Bybel dit leer.
In hierdie veroordelende
dele van die Bybel, ontbreek die seënbelofte nie. Dit is soos ‘n mens wat lewe, in al die kwaad en
onheil wat ‘n mens tref --en soos wat jy
ouer word, (soos ons almal weet,) word dit meer,-- sê God nog altyd dat
ons in Christus Syne is.
Die
Here se evangelie gaan breër en wyer as die raadsaankondiging van God. In Sy raad sê
God Sy toorn is daar oor die kwaad en dan moet mense sidder en skrik. Al skrywe
die redakteur van die Kerkblad dat die ‘vrees van die
Here’ ‘n te kwaai
woord is, maak dit liewer ‘ontsag’.
In die verbygaan, dit is nie waar nie. ‘Ontsag’ is hoe ek voel
teenoor God, vrees is hoe Hy my laat voel. Dit nou maar om ‘n lig oor die saak
aan te steek.
Jesaja het evangelie en raad van God verkondig.
Teen
hierdie agtergrond,: Eeerste: - Die Here stuur. Dis God se
manier van werk.
Hy gebruik engele,
Hy het aartsvaders gebruik soos Abraham, Hy het Moses gestuur. Uiteindelik het
Hy Christus gestuur
en laaste van Sy heilsgawes wat Hy gestuur het, is die Heilige Gees wat in ons
woon en werk sodat ons kan hoor en kan sien en sal glo. Die Here werk deur te stuur.
Daarom is dit ‘n goeie woord, meen ek, wat in die
Kerke van die Here bestaan, as die evangelie aan die heidendom verkondig word
dan word dit verkondig deur sendelinge wat gestuur word soos God stuur. Dit doen God omdat Hy gesag
het. Dit lyk of die
gesag van God deur Sy lankmoedigheid bedek is, want die Here straf nie
onmiddelik nie.
Het u al daaraan gedink, broeders en susters, as
die Here so gemaak het dat Hy jou hier waar jy verkeerd doen, dadelik straf,
dan was die mense beter. Nee, nie beter nie, skelmer, want
hy bekeer hom uit vrees en nie uit geloof nie.
En
die lankmoedigheid van God gee die groeityd vir geloof, dit bring die
dae en jare waarin geestelike wasdom kom. En Hy doen dit
omdat Hy wil. So is die gesag van God nie verskuil deur Sy lankmoedigheid
nie. Dit is mense wat die lankmoedigheid van God sien, maar nie bemerk nie,; daarvan hoor,
maar dit nie verstaan nie. God
se gesag, die mag waardeur ons lewe en waardeur alles met ons gebeur, is oor
alles en almal. In die handhawing van hierdie gesag van God is daar
beproewinge.
Ek sal u ‘n voorbeeld noem, twee wat amper eenders
lyk uit die Bybel. Abraham
hoor by die Here: Gaan offer jou seun as ‘n brandoffer. En hy het net vir
Isak gehad as kind van die verbond, die ander het nie getel nie. En hy doen dit
omdat God se gesag vir hom duidelik was. En by die navrae van die seun wat die
hout dra: Waar is
die offerdier?, sê
Abraham: ‘Die
Here sal voorsien’.
En in sy hart weet hy: Ek gaan jou slag. En ons weet almal dat die Here
inderdaad voorsien het, daar was ‘n
middelaar.
Wie
God se gesag aanvaar, ontvang van die Here die Middelaar.
Die ander een wat ook ‘n kind moes offer was Jefta
die rigter, van wie mens in Rigters 11 lees. Nou was Jefta nie ‘n goeie man
gewees nie, ofskoon hy goed kon veg. En hy belowe,
sommer daar voor die geveg, voor God: as hy wen dan gaan hy die
eerste mens wat by sy tuiskoms by die deur van sy huis uitkom na hom toe, offer
as ‘n offer aan die Here. En toe was dit sy dogter, sy enigste.
En hy het haar ge-offer.
In
die
verbygaan, dis baie insiggewend om te kyk hoe die mensgerigte skrifverklaring
Jefta se saak hanteer. Met Abraham het hulle vrede, die angs van die seun is
niks, daar was darem later ‘n bok. Maar hulle wil nie aanvaar dat Jefta sy
dogter ge-offer het nie. Hulle het dit aanvaar, al die oud-rabbynse
skrifverklaarders en die vroeë Christendom tot hier so die vierde, vyfde eeu na
Christus. Toe die Roomse kerk die Jode begin vervolg het omdat hulle die Here
gekruisig het. En gesê het, kyk hoe is julle, kyk vir Jefta, hy maak sy
kind dood. Toe
sê die rabbi’s: Nee, hy het nie sy kind ge-offer nie, sy het maar net nie
getrou nie. Want daar staan, sy het haar
maagdelike staat beween. Dit was om aan te dui dat sy nog jonk en onbesoedeld
was. En van toe af het die Roomse kerk die Jode baie van hulle woestheid
vergewe. Maar tot vandag toe nog wil mense, ook Gereformeerde
skrifverklaarders, nie glo dat Jefta sy kind ge-offer het nie, ofskoon dit
onbeduidend duidelik in Rigters staan.
Twee dinge wat gebeur het in die Bybel. God wat Sy gesag laat
geld,: as jy aan hom ‘n gelofte
gedoen het, moet jy dit uitvoer. As jy glo, gaan jy die Middelaar kry.
Ons
noem dit om die gesag van God waarvoor Jesaja gebuig het, te verduidelik. Ons
het gelees dat toe Jesaja die gesig sien in die tempel en
van die serafs, --en niemand
weet regtig hoe lyk ‘n seraf nie--,
toe sê hy: Wee my, want ek is ‘n man van
onrein lippe en ek woon onder so ‘n
volk wat ook onrein van lippe is. En ek kyk na God.
Toe het God in Sy almag die seraf laat kom met
die kool vuur en hom gebrand. En met die stukkend
gebrande mond sê hy: Hier is ek, stuur my. wWant
hy het gehoor: Jou sondes is jou vergewe, jy het betaal vir jou skuld.
‘n Ligte prys, nie waar nie, ‘n brandwond. Maar
Jesaja was die een wat ook die evangelie van die Here
in hoofstuk 53 geskryf het, oor die Man van smarte,
deur wie daar genesing, verlossing kom.
So
in die handhawing van God se gesag gebeur daar verskriklike goed. Maar
onveranderd, suiwer gaan die evangeliese klank helderder en duideliker op. Ja, as God Sy
gesag handhaaf bring dit beproewing mee. Ons weet dit
almal, dat
as jy aan God gehoorsaam is, dan sal dit met jou op hierdie aarde nie
noodwendig altyd goed gaan nie. Want dan het jy nog nie jou goud vir ‘n mol gegee
nie.
Jesaja is tog ‘n bitter man
gewees om vir Israel so te sê. Molle en vlermuise kan met skatte niks doen nie.
En hulle wil dit nie meer hê nie, want hulle het gekom daarby dat hulle ook nie
meer kan nie.
So leer die evangelie ons, ons moet nie so lief
wees vir geld en goud
nie. Ons
moet die raad van God, die gesag van God en die Middelaarsevangelie liefhê,
vashou en verkondig. Maar slegs die versoende --, met
Jesaja was dit met ‘n vuurkool, vir u en my is dit geloof in Christus Jesus--,
in Sy nood en leed,
moet ons glo.
Die plekbekleding, daardeur kan ons leef voor die
gesag van God, anders kan jy nie. Dan is jy soos Kain wat,
toe hy vermaan is oor hy sy broer vermoor het, gesê het: Die straf is vir my te erg, ek sal dit nie dra nie en
ek is ook nie so skuldig nie. Hy kon
nie voor God se gesag leef nie. Dis iets waaroor ‘n mens met sorg en kommer
nadink oor jouself. Kan ek en u leef voor God
se gesag? Of het ons planne gemaak om
die hardheid van God se gesag te versag?
Die
tweede reeks gedagtes gaan daaroor dat God geloofsgehoorsaamheid
bewerk. As ek dan met kommer oor my nadink of ek kan leef voor die gesag van
God, dan sê die Here: jJa.
Ja, want God self gee die versoening. Hy laat
dit nie oor aan mense om vir die Here te sê:
hHier
is my aanbod en nou kan u die straf weglaat
en vir my genade gee nie.
Die evangelie is immers nie ‘n transaksie nie. Dis
God wat ook geen
aanbod maak nie, maar wat doen;,
Hy doen die heilswerk.
En so is die toorn vir Jesaja weg. En as God se
toorn weg is en ons sondes toegedek, soos die Psalm sê: U toorn is
weg, my sondes almal toegedek. Dan kan jy aan God gehoorsaam wees al is dit nog
onvolledig, want ons is swak. Maar dan het jy geloofsgehoorsaamheid.
Geloofsgehoorsaamheid
staan teenoor absolute gehoorsaamheid. As jy in die Here glo, neem hy jou poging aan asof dit
die regte saak was. Maar as jy nie glo nie, moet jy elke sent betaal.
Die Here Jesus het van klein muntstukkies in hulle
tyd gepraat,;
ons het dit nog ‘n kwartpennie genoem. Jy sal die laaste oortjie betaal as jy
self wil betaal. Maar as jy in die Here
glo en jou nietigheid voor God verstaan, dan betaal jy niks. Jy sal die
beproewing verduur wat hierdie lewe inhou, want ons leef mos nie vir altyd hier
nie.
Hoe goed is dit dat die Here die paradys bewaak
het sodat Adam en Eva nie die boom van die lewe ook besteel het nie.
Anders was ons vir ewig so, soos ons nou lewe. Dan sal een sê maar dis nie so
sleg nie,
want in hierdie lewe gebeur ook mooi dinge. Dis waar, maar die mooi dinge wys
jou op God en die swaar dinge wys jou op God.
En
die Woord van die Here, die Bybel, leer ons van die Middelaar, Christus Jesus. En daarom kon
Jesaja sê, dit klink aanmatigend as jy so lees:,
die Here sê:
‘Wie kan ek stuur?’
en hy sê ‘sStuur
my.’ Dis
nie omdat God radeloos was en nie een gehad het om
te stuur nie, maar Hy bewerk die gehoorsaamheid deur te vra.
Deur te sê wat Hy wil doen en ‘n roepstem daarby te laat kom. Dit ken ons almal
goed, dat God sê wat Hy wil doen en gaan doen en die roepstem dat ook ons moet
glo.
Is dit nie die hele krag van die
geloofsbelydenis wat ons aflê nie? Is dit nie die hele krag van die
Nagmaalsgebruik nie? Ons
sondes toegedek. So gee die Here geloofs-gehoorsaamheid waardeur ons
lewe.
En daar moet nie ‘n oomblik in ons lewe verbygaan, so leer die Bybel ons, dat
ons van
geloofsgehoorsaamheid vergeet nie.
Stel dit teenoor die toorn van onse Here Jesus oor
die Fariseërs en skrifgeleerdes wat in Sy tyd op aarde was. Wat ‘n las op
Israel gelê het waarvan Hy gesê het: Hulle roer nie ‘n pinkie om dit self te
dra of te verroer
nie. Die reël op reël, gebod op gebod, die witgepleisterde grafte, binne vol
geraamte
en buite mooi. Die Here Jesus het dit veroordeel dat mense in die Naam van God
‘n gehoorsaamheid leer wat nie uit die geloof is nie, maar uit die daad.
Ons
het dit al
baie kere gesê,
ek noem dit nou net weer, dat die hele fout met die Judaïsme, die Joodse
geloof, is dat dit ‘n stelsel is. ‘n Wysgerige stelsel van etiese waardes. En nou word dit
gevaarlik;,
dit is ‘n maklike vak in die Gereformeerde teologie.
Jy
kan maklik
‘n titel kry, as jy etiek bestudeer. En geleidelik het die kerke begin skuiwe
in ‘n stelsel van die etiek. Soos trouens die hele wêreld doen. Etiek gaan oor
wat is reg sodat ek darem kan bestaan, dit is die aanpassingsfilosofie. En
daardeur gaan die
wêreld ten gronde, hoewel hy ‘n rukkie goed kan leef.
Nou, Jesaja het gesê: Hier is ek, stuur my. Want
ek wil en sal doen, dit wat U by my uitlok met ‘n belydenis en ‘n vraag. Terwyl
ek weet U kon gesê het: Gaan. En dan doen ek dit.
Daar was Hosea, die ander profeet.
God het nie vir hom gevra of hy wil doen nie. God het vir hom gesê: Gaan, gaan
vat ‘n prostituut vir ‘n vrou, verwek kinders. En die een moet hy noem “Nie my
volk nie”, die volgende een moet hy noem “Nie my dogter nie”. Bly by haar,
bring nog
kinders in die wêreld, en noem hulle “ My volk”, “My dogter”. Hoe hy op sy sy
moes lê vir ‘n lang tyd en waarop hy sy kos moes gaarmaak...
HHet
God nie vir Hosea gevra of hy graag wil nie, hy moes. En het die Here nie ‘n
belydenis uitgelok nie, maar ‘n verskriklike
gehoorsaamheid aan God se bevel. Ook dit het die Here vir ons beskrywe in die
Bybel sodat ons kan weet waarvan ons ontslae is en behoed geword het.
Die
geloofsgehoorsaamheid,d: dat ek ten alle koste wil
doen wat God vra. En Sy juk is sag en
Sy
las ligg,. jJy moet die Here
liefhê bo alles en jou naaste soos jouself. Dit is die wet en
die profete, het die Here self gesê. Dit is ‘n samevatting van die tien gebooie.
Nou
het ons gehoor: God stuur deur Sy mag, Hy
bewerk geloofsgehoorsaamheid deur Sy genade. Maar Hy doen nog
iets, God het die profesie voortgebring. Profesie soos Hy
dit gedoen het, is uniek in die volkerewêreld. Daar bestaan opgegraafde goed;,
hulle noem die plek vandag Rash Shamrah, dit is in Palestina se noorde. En daar
is baie goed opgegrawe.
oOnder
andere is daarin opgegrawe hoe die priesters van Baäl voorspellings gemaak het.
Jy bring ‘n bok,
--dit moet ‘n bok wees,--
en dan vat die priester wat hy vir ‘n mes gebruik het,
en hy sny die lewer stukkend. En kyk hoe lyk die are,
of daar vergroeiing
was, en dan sê hy die poort
gaan geknel word, byvoorbeeld. Dis naïef, maar die lewervoorspellings is vragte
en vragte kleiblokkies vol. En hulle het behoue gebly en as ‘n mens die taal
leer, dan moet jy dit lees.
Dit
is ‘n genade-ondervinding
om te sien wat is die verskil tussen die Woord van God as profesie en blote
voorspelling sonder die Here. God bring die profesie voort. Nou is daar in
volkere ook mense wat vooruit sê wat gebeur. Ek dink hier in ons land weet ons
almal van sSiener
van Rensburg. Maar of hy
voorspel het en of hy ook ‘n soort profesie gehad het, weet ek nie. En dit maak
nie saak nie, want wat hy gesê het gaan nie teen die Bybel in nie. Dalk het hy
die Bybel maar
op ‘n manier verkondig, op sy manier, dit weet ek nie.
Maar as u nou
hoofstukke 1-5 lees van Jesaja, en dit kan u gerus doen
binnekort, dan het u daar Jesaja se profesie,;
dit is wat hy gaan sê. Die res is ‘n uitbreiding op hierdie temas, en daar is 64 hoofstukke. So
is die profesie wat God voortbring nie ingewikkeld
nie. Wat Jesaja vir die volk
moes gaan sê is: Deur strafgerig kom daar heerlikheid, deur die sonde is daar
ellende. Deur strafgerig, dit is die uitoefening van Sy
strawwe, daardeur kom heerlikheid. Dit is die lyn van die
evangelie, deur die dieptes na die hoogtes.
Toe onse Here ook aan die kruis gesê het en dit was
die waarheid: ‘My
God, My God, waarom het U My verlaat?.’,
Wwas
Hy werklik van God verlate en het Hy na Sy menslike
natuur, na liggaam en gees, daar aan die kruis gehang sonder God, maar met
gehoorsaamheid tot die einde toe. En so is die profesie, en u kan dit in al die
profetiese boeke gaan lees, die lyn van God;,
jy moet van jou sonde deur beproewinge gereinig word.
Jou geloof in Christus se beproewinge maak ‘n ewige verlossing, maar jou lyde
hier en nou bring heil voort.
Ken
u ‘n
groter troos as dit? As
die troos van die profesie, dat die Here sê: Jou smart wat jy
verduur is tot jou heil en tot die wat by jou is. So leer die Here ons dat
hierdie stomp wat oorbly baie lote het.
En
ons moet
glo dat die profesie wat die Here laat kom het, ons insluit by die
oorblyfsel van die mensdom wat gered word en hulle is min. Hierdie
bekommernis wat mense soms het dat die Kerk se getalle krimp is eg as jy net na
getalle kyk. Maar is nie sorgwekkend nie as jy dink God
skei. Hoe kan God anders?