SAAILAND EN GEBOU
G.B.S. PASCH
Lees: 1 Korintiërs 3
Teks: 1 Korintiërs 3 : 9b
Sing: Ps. 33 : 6
Ps.
8 : 3, 4
Ps.
89 : 10, 11
Geliefde broeders en susters, dit gebeur in ons
tyd ook in die gemeentes. Die een leraar volg die ander een op. Elkeen met sy
eie manier en geaardheid en preek metodes. God knip nie alle mense op dieselfde
patroon nie. Hy gebruik elkeen met al die talente waarmee Hy hom begiftig het.
Tog hoor mens stemme uit ons gemeentes omhoog ruis. Die vorige is my man. En ander
: Die nuwe is my man. Dit het ook in Korinte gebeur. Paulus en Apollos. Albei
uitgesoekte werktuie van God. Eers was Paulus werksaam in die gemeente -
stigter en eerste verkondiger van die verlossings evangelie. ‘n Jaar en ses
maande lank. Eers in die sinagoge. Daarna weens vyandskap, in ‘n huis. En toe
het Apollos gekom. Predikende die Evangelie van Christus. So sL Handelinge 18.
Met sy prediking was geen fout nie. Paulus uit Tarsis. Apollos uit Alexandrië.
Twee verskillende mense. En terwille van uiterlike verskille wat die eenheid
wat daar in Christus is geensins skend nie - is daar verdeeldheid in die
gemeente van Korinte. Paulus MY man! Apollos MYNE! En omdat dit ‘n vleeslike
gesindheid is, vermaan Paulus! As hy dan sL: Ek plant, Apollos maak nat - dan
sL hy reeds: Ons werk saam, ons arbei aan dieselfde akker. Ons is nie deur twee
vyande in diens geneem nie, maar deur een Landman. Om dan saam te vat in min
woorde wat hy aangaande hulle twee aan die gemeente van Korinte wil
verduidelik, sL hy: Ons is mede-arbeiders van God. Planter en natmaker, albei
in God se diens. Twee manne wat saam werk in sy diens. Die voorwerp van albei
se arbeid is die plant, die GELOWIGE. Albei soek met ywerige vermoë die welige
groei want die Landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde. Albei vir God
diensdoende. En dan soos Paulus dikwels doen, loop sy ernstige vermaning oor in
die verduideliking van heerlike geloofswaarhede. Dit is ons teksverse: die
saailand van God, die gebou van God is julle.
Die beeld van die saailand gryp terug na wat hy
gepraat het, van plant en natmaak. Die beeld van die gebou gryp weer vooruit na
wat volg naamlik dat Christus die Fondament van die gebou is. Ons teksverse lL
dus soos ‘n leegte tussen twee berge - berg waters van weerskante saam in een
diep koel stroom. En hier gebeur ook wat op so baie ander plekke in die Skrif
gebeur - twee of meer beelde word saam gebruik om ‘n heerlike en groot
verlossingsfeit te verduidelik. Maak hulle los van mekaar dan is daar kettery
en dwaling. Wat sou byvoorbeeld gebeur as mens van mekaar sou skei die drie
gelykenisse van die verlore skaap, die verlore penning en die verlore Seun. Dit
is ‘n Goddelike eenheid wat die hele weg van verlossing openbaar. Die Woord van
God is geen woordeboek wat alfabeties nageslaan kan word nie. En so is hierdie
beelde van die saailand en gebou ‘n Goddelike eenheid. Hulle vul mekaar aan en
saam voltooi hulle die heerlik geloofswaarheid van verkiesing en heiligmaking.
Tog bly dit twee vreemde beelde wat Hy naasmekaar gebruik, gehaal uit twee
verskillende lewens kringe. ‘n Beeld uit die Boerelewe op die platteland en ‘n
beeld uit die stadslewe. ‘n Saailand en ‘n gebou. En die gebou waar hiervan
sprake is, is meer as ‘n huis; dit is ‘n gebou, ‘n stadswoning vooraf beplan
deur ‘n argitek, sorgvuldig bereken en toegewyd gebou. Tog is dit nie die
enigste plek in die Skrif waar hierdie beelde saam gebruik word nie. SL Jeremia
nie: En in ‘n ander oomblik sal ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koninkryk om
dit te BOU en te PLANT.
En waar hier nou saailand staan, praat ons in
ons gewone taal van land of lande. En weet ons dit nie. Dit is ‘n stuk grond wat
bewerk moet word - sorgvuldig. Braakwerk in die vroeë Somer. Ploeg werk as die
reëns val en planterrye wat in die klam grond duidelik uitwys. Die egwerk oor
die jong plante - seermaakwerk te goede. Sonskyn en nou en dan se reënbuie. Die
landbouer gedurig besig in die lande hopende op ryke seëninge uit die hand van
God. Onkruid en pes - val sy ywerige arbeiders ten prooi. Watter landbouer wie
se roeping hom erns is laat sy lande braak lL. Die varsgeploegde grond is sy
lewenstog en die see van rype en oesbare graan sy volle vreugde. ‘n Volle ses
maande, ‘n volle seisoen vandat die eerste sooi omgekeer is totdat die oes ryp
op die lande staan.
Maar by die gebou van ons teks is dit anders.
Hierdie gebou, hierdie bouwerk is ‘n afgehandelde daad. En dan is dit ‘n gebou
waar daar agter sit argitektoniese berekening en kunstige planne-tekening. Nie
maar net ‘n destydse plaaswoning waar mens fondamente grawe en beginne bou nie.
Maar hier is die plan vooraf opgetrek deur ‘n argitek fyn afgemeet en gepas in
die groter geheel van die stadsomgewing. Die planne is opgetrek sodat die gebou
‘n spesifieke doel in die stad kan dien, suiwer volgens spesifikasie en
argiteksplan. En met hierdie twee woorde word die gemeente van Korinte en die
gemeente van Steynsrus duidelik beskrywe. Korinte die groot Hawestad, soos al
die stede van die ooste was vol van heiligdomme en tempels. Baie soorte
godsdiens is daar in Korinte ingevoer deur matrose en reisigers. Die een
godsdiens wedywer met die ander om hulle tempel te verfraai met skatte uit
verre lande. Groot en veelsoortige beelde. Buite en binne. Die gebou van elkeen
se God moet so mooi soos wat maar moontlik is daar uitsien.
Die mooiste tempels trek die meeste aanbidders.
En in hierdie tempelstad, Korinte, word daar nou, deur die plantarbeid van
Paulus en die natmaakwerk van Apollos ‘n gemeente opgebou van Jesus Christus, die Nasarener. ‘n Beeldryke
en kunsvolle gebou besit hierdie klein gemeentetjie nie. Hulle bestaan nie uit
die vooraanstaandes van Korinte nie. Hulle kerkgebou kan nie kompeteer met die
prag en praal van die heidense tempels nie. Gelukkig nie. Hulle het nie nodig
om te spog en te vergelyk nie. Hulle is self die gebou van God. Hy woon daar en
werk daar deur sy Gees. Dit is die eerste gebou van hierdie argitek in Korinte
- nog nooit vantevore het daar in Korinte tot stand gekom ‘n gebou so lank
tevore beplan, so Goddelik suiwer geteken, so volmaak en perfek gebou as
hierdie stuk argitektuur nie. Die gebou se planne lL geteken in die ewige
raadsplan van God. Onveranderlike en Ewige en Almagtige Argitek. En Eienaar.
Die name van kontrakteur en bouwerkers neergeskrywe en vasgestel. Dit is
verkiesing - die planne van die gebou van die gemeente van Korinte lL
ontwyfelbaar in die ewige lLers van die raadsplan van God. In die tyd word dit
werklikheid, die gebou word opgerig en word deur God gebruik. NOU! Hulle sal
nie eendag die gebou van God in die hemel wees nie, hulle is dit NOU reeds.
Daar in Korinte pryk in die ware sin van die woord, ‘n gebou van God, dit word
gebruik deur God. Hier is nie sprake van eendag nie, hier is nie sprake van ‘n
huis wat nog gebou word of nog in gebruik geneem moet word nie. Die verkiesing
van God het reeds werklikheid geword. Die bruikbaarheid het ‘n heerlike
heilsfeit geword. ‘n Gebou van God is julle. Maar hierdie beeld van die gebou
skakel weer onlosmaaklik met die daaropvolgende woord. Van hierdie gebou is
Christus die fondament. En dit is hierdie fondament wat die gebou, God se gebou
maak. Buite Christus om wil God geen eiendom hL nie.
Dit is waar van die gemeente van Korinte, maar
dit is ook waar van elke lidmaat van die gemeente - ‘n gebou van God is jy.
Elke lidmaat van die gemeente van Christus IS reeds ‘n gebou van God - word
reeds voortdurend gebruik. Daarom kon Paulus ook op ‘n ander plek sL: Ek WEET
van julle verkiesing, Broeders. Is die fondament van Christus, die gebou
behoort aan God. Vas staande en waaragtig. Ons word nie salig nie - ons is
salig synde ‘n gebou van God. Ons pas reeds in, in die stadsplan van die stad
van God. Ons is reeds die vooraf beplande onderdeel van die Heilige Jerusalem.
En hulle wat die verkiesing loslaat, laat hierdie openbaring van God los: ek is
nie salig nie, ek moet salig word. Ek is nie ‘n gebou van God nie, ek moet een
word. As ek dan eers salig moet word, as ek eers later iewers sal inpas, as ek
hoop om plek te kry in die hemelse Jerusalem. Dan moet EK probeer, dan hang dit
van MY powere pogings af, my saligheid moet verdien word. Ek werk hard en verder
- hoop ek vir die beste. Maar meer nog - die argiteksreg word God ontneem - die
gebou, die maaksel sL vir die Bouheer, die Argitek - So wil ek lyk. Dan is God
nie meer die Almagtige nie - maar dienskneg en slaaf. Die gebou van God is
julle. ‘n Feit, ‘n feit gefundeer op God se genade verkiesing wat vaslL in die
verdienste van Christus. Hierdie gemeente - God se gebou. Ek arme sondaar -
salig. Dit is genade. Dit is genade dat ek - en elkeen ken homself - ‘n gebou
is van God, gebruik deur God. En nog groter die genade voorreg. Van hierdie
gebou - God Self die Argitek. EN hierdie gemeente van ons - ons ken Hom ook in
swakheid - ‘n gebou van God, volgens Godsplan en Godstekening vasgestel in sy
Raadsplan. Heerlike voorreg - groot verantwoordelikheid. En U weet dit - ons
nuwe kerkgebou nader vinnig voltooiing. Hierin sal ons die gemeente van Korinte
voor wees. ‘n Eie, ruime kerkgebou waarin die gemeente vryelik en sonder gevaar
kan vergader.
Dit is geen gees van kompetisie of weelde of
roem wat ons laat bou het nie, maar nood, - ruimtenood. En tog sal sommige van
ons dink: hierdie gebou is ons samebinding, ons roem, ons sieraad in hierdie
gemeenskap. MAAR - as hierdie gebou nie meer as dit is nie, as hierdie gebou
nie die uiterlike teken is van ‘n innerlike eenheid in Christus nie, as hierdie
bouwerk nie die vrug is van ‘n geestelike gebou wat aan God Self behoort, deur
Hom bewoon en gebruik word en waarvan God Self die Argitek en Bouheer is nie -
tevergeefs, ja waaragtig tevergeefs het ons gebou en gearbei. Want daar sal ‘n
tyd kom wanneer ook hierdie nuwe gebou afgebreek sal word, wanneer skuilkelders
en geheime plekke in die koelte van breë bome ons vergadersale is - dan pryk
die eerste Godsgebou nog in al sy heerlikheid of liewer dan stoot hy sterker en
indrukwekkender die hoogte in. Dan is ons weer aan Korinte gelyk wat geen
kerkgebou besit tussen die hoë tempel torings van die stad nie. Maar dan is ons
in die ware sin van die Woord saamgesnoer deur nood en beproewing. ‘N GEBOU VAN
GOD IS JULLE. Hierdie gebou met sy hoë toring en hoeksteen sal afgebreek word -
God se gebou nooit. Christus die fondament, sterker en stewiger as al die beton
van hierdie wLreld. God se verkiesing die waarborg van ewige bestaan. As ons
dan wil roem - laat ons nie roem in wat deur ons swakke hande uit genade tot
stad gekom het nie, maar laat ons dan veel liewer roem in God se grootheid wat
uit algehele genade, sonder enige toedoen van ons kant ‘n gebou vir Hom
uitverkies het van voor die grondlegging van die wLreld - die gemeente van
___________ ‘N GEBOU VAN GOD IS JULLE.
Ons verkiesing in Christus is dus ‘n voldonge
feit, ‘n heerlike werklikheid. Maar hier eindig ons teksvers nie. Die twee dele
vorm ‘n eenheid. Uit die vorige kan ons die indruk kry - die gemeente van
Korinte EN ons is volmaak - ons hoef niks meer te doen nie, aan ons is alle
arbeid oorbodig. Hierdie gemeente is voor God ‘n harmoniële geheel. Maar met
die eerste beeld word hierdie misverstand verwyder. Die gemeente word wel
omhoog gehef en in ‘n hemelse lig gestel. God wil hulle beskou as sy gebou. Hy
wil in sy genade in die midde van hierdie gemeente woon en wil hulle ontvang in
die Vaderhuis met sy baie wonings, omdat hulle gewas is in die bloed van
Christus en geheilig deur sy Gees. Maar die gemeente is nie volmaak nie - hulle
is ook ‘n saailand, ‘n akker. Daeliks moet aan die land gearbei word -
ploegwerk, saaiwerk, egwerk, skoffelwerk, bestryding van plae - baie moeite en
koste is die voorland van hom wat beheers word deur liefde vir die akker, die
arbeid en die oes. Daar moet dus wees soos die nagmaalsformulier dit uitdruk in
die laaste gebed: ‘n daelikse toeneming in die regte geloof en in die salige
gemeenskap van Christus. Wat op die saailand groei en rypword, is op die akker
van die gemeente heiliging, heiligmaking. Dit is ‘n deurgaande proses wat deur
baie jare plaas vind. Die gemeente is wel geroep uit die duisternis tot die lig
van God, maar hulle is nog maar ‘n baie gebrekkige draer en verspreider van die
hemelse lig. Die lewens openbaring van die gelowiges is nog so weinig in
ooreenstemming met die dankbaarheislewe wat verwag word. Daar is soms so weinig
wat hulle onderskei van die heidense en goddelose wLreld. En in Korinte was
daar selfs vermenging van heidense gebruike met die wat Gods Woord voorskrywe.
So is dit dan ook in ons gemeente en by elkeen van ons. Daar is gedurig arbeid
nodig. Ploegwerk en saaiwerk daelikse Woordverkondiging, huisbesoek en
tugoefening. Aan elke gemeente en aan elke lidmaat moet daar baie en ernstig
gearbei word. Bestraffing, teregwysings, vermanings, vertroosting, verkondiging
- dit is die daelikse versorging van die akker. So en so alleen kan die
gemeente al meer lewe en eendag sonder vlek of rimpel voorgestel word aan die
Vader wat in die hemel is. Die saailand van God is julle. Maar ook hierdie
beeld wat spreek van die heiligmaking van die gelowige, staan nie los van die
verkiesing van God nie. Saailand of gebou - albei van God - God se ewige
eiendom, of gebruik mens ‘n land wat nie aan jou behoort nie. Sal jy saad saai
op ‘n land waarvan jy nie die kaart en transport het nie. En is die akker myne,
dan is die arbeid ook myne EN die oes. So is dit dan ook waaragtig. Die akker
is God se eiendom. Die arbeider op die saailand SY arbeiders - of soos Paulus
dit uitdruk, medewerkers van God. En die oes? Natuurlik God s’n. Daar sal dus
ook nog baie gearbei word in hierdie gemeente aan elke lidmaat - daar sal
seergemaak en geslaan moet word met die tug, daar sal versterk word deur Woord
en sakrament. Ons is nog in so baie dinge onvolkome en ons beste spogdade is
met sonde deurwas, maar salige vertroosting. God se saailand. Vir die arbeiders
sorg Hy. En die oes - hoe kan dit dan anders - word versamel in sy skuur.
Verstaan u nou, broeders en susters wat die nagmaalsformulier so mooi sL?
Daarom, al is dit dat ons nog baie gebreke en ellendigheid in ons vind, soos
byvoorbeeld dat ons geen volkome geloof besit nie en God ook nie dien met so ‘n
ywer as wat ons verskuldig is nie, maar daagliks teen die swakheid van ons
geloof en die bose luste van ons vlees moet stry, nogtans desnieteenstaande.
Werklik ons is saailand - maar God sy dank, saailand van God . So spreek
daar dan uit ons teksverse duidelik van twee vertroostende sake: heiligmaking
van ons lewens en verkiesing uit genade. Dit staan vas en seker op die
fondament van Christus. In Hom roem ons. Sy bloed die prys, sy wonde die
kwitansie van die twee eiendomme. Saailand en gebou van God. Amen.