9 Maart 2006
1. Die
bedoeling van hierdie artikel
3. Ps.2:7 en
12 en ons belydenis
4. Dat ook
Jode, wat nie in Christus geglo het nie, Psalm 2 Messiaans verklaar het
4.1. Dit kan
uit die Bybel afgelei word
4.2. Dit kan
uit buite-Bybelse bronne geleer word
4.3.
Beskamende gevolgtrekking
Ek het drie
oogmerke met hierdie skrywe:
In Handelinge
4:24-26 word gesê dat God ('n ander tekslesing het "God deur
die Heilige Gees") in Ps.2 deur die mond van Dawid
gespreek het. Wat in Ps.2:1-2 gesê word van die opstand van die konings
van die aarde teen die HERE en sy Gesalfde, word dan deur die Skrywer
van Handelinge (en van Psalm 2), die Heilige Gees, soos volg uitgelê:
"Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel
vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het" (Handelinge 4:27).
Die Heilige Gees, wat self die Skrywer van Psalm 2 is, leer dat die
Gesalfde van Psalm 2 niemand anders as die heilige Kind Jesus, as ons
Here Jesus Christus, is nie. Onder andere hier in Handelinge 4 laat die Heilige
Gees ons ook sien wat bedoel word met die konings van die aarde,
wat in opstand kom teen Christus.
Handelinge
4:24-30 is 'n gebed
met Ps.2:1-2 as inhoud. As antwoord op hierdie gebed "is die plek
geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en
het die woord van God met
vrymoedigheid gespreek" (v.31). Dit is veelseggend. Die Koning en Gesalfde
van Psalm 2 handel in Handelinge 4: Die Koning van Ps.2 laat die aarde
bewe en die Gesalfde van Psalm 2 salf sy kerk met sy Heilige Gees.
Die konings
van die aarde, wat in
opstand kom teen die Messias, kom ook telkens weer terug in tekste soos Openbaring 6:15 en 19. Ook in
Openbaring 6 hoor ons van 'n aardbewing (v.12) en die konings van
die aarde het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig
van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam (vv.15-16), vir die
toorn van die Seun van Ps.2:12. Hulle wou nie by die Seun skuil nie (Ps.2:12)
en nou soek hulle skuiling teen sy toorn deur hulle weg te steek in die
spelonke en rotse van die berge.
Wie sy Bybel ken
– en met name Handelinge 4 en Openbaring 6 – weet by die sing van Psalm 2: Dit
gaan in Psalm 2:1-2 ten diepste oor hierdie konings en dié Koning, die Here
Jesus Christus, teen Wie hulle in opstand kom.
Die woord woel
het ook die betekenis van op die tande kners. Die Jode het teen
Stefanus op die tande gekners: "En toe hulle dit hoor, was hulle woedend
in hul harte en het teen hom op die tande gekners" (Hand.7:54).
In die verdere
verloop van Ps.2 (vgl. vv.9, 12) kom hierdie toorn en toornopenbaring van v.5 weer
ter sprake.
Hierdie woorde is
nie onbelangrik of niksseggend nie. Inteendeel, die Ek is
Christus. Immers, sonder Hom weet ons heeltemal niks van die Vader en sy
raadsbesluite nie. Hy het die Vader aan ons geopenbaar. Dit leer Johannes 1:18:
Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die
boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar).
In die Nuwe
Testament brei Jesus uit op hierdie besluit van Psalm 2:7. In die Nuwe
Testament vertel Hy meer daarvan.
Ek wil
vertel van die besluit - dit is diep woorde hierdie. Christus is ons hoogste Profeet, wat die
verborge raad (besluit) van God oor ons verlossing openbaar.
Alreeds in die Ou Testament is Hy ons hoogste Profeet en dus ook hier in Psalm
2.
2.3.2.1. Van
Bruggen (1981:128) wys daarop dat die HERE van Salomo en die ander konings in 2
Samuel 7:14 sê: Hy (Salomo)
sal vir My tot (Hebr. l-e) 'n seun wees (letterlik uit die Hebreeus).
Daarenteen staan hierdie tot (Hebr. l-e) nie in Psalm 2:7 nie. In
Psalm 2:7 staan in die Hebreeus: U is my Seun. Hierdie onderskeid
in formulering (is in plaas van tot) kom ook duidelik uit in die
Griekse vertaling van die Ou Testament, die Septuagint.
Waaroor gaan dit?
Wat is die verskil tussen hierdie twee tekste? Die belofte aan die huis van
Dawid is duidelik geformuleer vanuit die adopsieterminologie, maar die profesie
in Psalm 2 vanuit die verwekkingsterminologie, aldus Van Bruggen (1981:128). In
2 Samuel 7 gaan dit oor kind-wees deur aanneming (adopsie). In Psalm 2:7 verklaar die HERE egter: U is
my Seun. Hy is dit werklik, wesenlik, van nature.
2.3.2.2. In Matteus
16:16 sê Petrus vir Jesus: "U is die Christus, die Seun van die lewende God".
Van Selms (1952:54)
skryf: Ons moet hierdie woord (van Matt.16:16, die "Seun van ..." –
AHB) net soos die hele Nuwe Testament, al is dit in Grieks geskryf, nie Grieks
nie, maar Semities, maar Hebreeus en Ou Testamenties verstaan.
In die Hebreeuse
taal word die uitdrukking "seun van …" gebruik om wesenlike
identiteit vas te stel. Psalm 72 begin met die woorde: "o God, gee aan die
koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning". Die
parallellisme bewys dat die "koning" en "die seun van die
koning" een en dieselfde persoon is. 'n Tipiese voorbeeld van dieselfde
vind ons in die Nuwe Testament en met name in Matteus 31:55 en Markus 6:3.
Volgens Matteus sê die inwoners van Nasaret by die aanhoor van die prediking
van Jesus: Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Die parallel by Markus
lui: Is Hy nie die timmerman nie? Die uitspraak van Matteus en Markus sê
dieselfde: Die seun van die timmerman is die timmerman, soos die seun van die
koning die koning is …. Wat iemand is, word bepaal deur sy vader te noem. In
die geskiedenis van Saul word 'n groep derwijsje/profete veragtelik gekenskets
deur te vra: Wie is tog hulle vader? Mense wie se vader onbekend is, is persone
sonder stand of betekenis.
Wanneer Petrus bely: "U is die Seun van die lewende God" dan maak
hy dus geen onderskeid tussen die Christus en die God van Israel nie, maar stel
juis die identiteit tussen die twee. Christus is God.
2.3.2.3. Daar
moet nog meer oor die evangelie volgens Matteus gesê word in verband met ons
teks. Matteus 16:16-18 sal weer onder oë kom en ook Matteus 26:63-64
gewys.
In Matteus 16:16 bely Petrus: "U is die Christus,
die Seun van die lewende God". Dit is 'n belydenis ontleen aan onder andere
Psalm 2. Christus beteken immers Gesalfde (Ps.2:2) en in die benaming
Seun
van die lewende God hoor ons die Naam HERE van Psalm 2:7 (Die
HERE het aan my gesê: U is my Seun") terug. Immers, met die
uitdrukking "lewende God" word in die Ou Testament (vgl. o.a.
2Kon.19:14) die HERE (Jahwe) bedoel.
Jesus se antwoord
aan Petrus is: "Salig is jy …" (v.17). Dit is die salig
van Psalm 2:12.
Waar kom Petrus
aan hierdie belydenis? Dit sê Jesus: "Vlees en bloed het dit nie aan jou
geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is". Die Vader self maak
Psalm 2 aan Petrus duidelik en laat die verband tussen daardie Psalm en Jesus
sien. Die Vader self verklaar Psalm 2 Messiaans, van Christus.
Verder sê Jesus
(Matt.16:18) in verband met Petrus se op Psalm 2 gegronde belydenis: Op hierdie
rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie
oorweldig nie. 'n Kerk wat by hierdie Christus-belydenis staan, is veilig – Welgeluksalig
is elkeen wat by Hom skuil (Ps.2:12).
'n Paar
hoofstukke later (Matt. 26:63) sê die hoëpriester vir Jesus: "Ek besweer U
by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God,
is?" Daarop antwoord Jesus bevestigend: "U het dit gesê".
2.3.2.4. Ook die
Johannes-evangelie is van kardinale belang in verband met Psalm 2: Ons sou die Johannes-evangelie
met goeie reg die Psalm 2-evangelie kon noem.
In Johannes
1:32-33 getuig Johannes die Doper van Jesus se doop (salwing) met die
Heilige Gees en dan sê hy: "En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van
God is" (v.34).
Net na Jesus se
doop sê Natanael vir Jesus: "Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning
van Israel!" (Joh.1:50). Weer val twee titels uit Psalm 2: Seun van God en
Koning.
In Johannes 5:15 word vertel dat
die Jode "toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen
die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het
en Hom met God gelykgestel het". In Johannes 10:36 sê Jesus vir die Jode: "Sê julle vir Hom
wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek
godslasterlik—omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?"
In die woorde van
Johannes 20:30-31 word die doel van die ganse Johannes-evangelie
saamgevat, ingelui deur die woord sodat: Hierdie tekens is beskrywe "sodat
julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te
glo die lewe kan hê in sy Naam". Opvallend is dat ons in Johannes 20:30-31 dan te make het met
twee titels uit Psalm 2, naamlik Christus en Seun van God. Ons kan dus
sê: Johannes wil sy lesers oortuig dat Jesus die Christus en Seun van God van
Psalm 2 is.
Dat die Johannes-evangelie
met goeie reg die Psalm 2-evangelie genoem kan word, is duidelik. Dit
word eweneens onderstreep uit 'n ander geskrif van Johannes, naamlik
Openbaring. Daarin word op verskillende plekke teruggegryp op Psalm 2 (vgl. 2.5
en 2.6).
2.3.3.1. Die
frases U is my Seun en Vandag het Ek self U gegenereer
is nie identies nie.
Die vandag
wys alreeds dat die 2 sinsdele nie presies dieselfde sê nie, want die woord vandag
kom nie in die eerste lid voor nie. Die Vandag het Ek self U gegenereer
brei dus uit op die U is my Seun (in Hebreeus word dit 'n
aanvullende parallelisme genoem).
Daarom kan die Vandag
het Ek self U gegenereer nie sommer so weggelaat word nie.
2.3.3.2.Van die
woorde Vandag het Ek self U gegenereer (verwek) moet gesê word:
Dít word nooit
in die Ou Testament van 'n aardse koning (Dawid,
ens.) gesê nie.
2.3.3.3. Vandag het Ek self
U gegenereer (verwek).
Dít word nooit
van 'n aardse koning gesê nie.
Dit word egter wel
van Jesus gesê – in Matteus.
Matteus skrywe vir Jode. Hy wil aan sy Joodse
lesers bewys: Jesus is die lank verwagte Christus, die Seun van Dawid, die Seun
van God.
In sy
geslagsregister bewys Matteus dit dat die Seun van God. Hy
is verwek deur God self. In die geval van Jesus is daar geen
sprake van adopsie nie, maar van verwekking deur die Heilige Gees.
In Matteus 1:
2e.v. word verklaar: Abraham - 'n mens - het Isak verwek
{volgens die Grieks}.... ens. Telkens, tot in vers 16, word vertel van 'n mens
wat 'n mens verwek.
In vers 20 egter
lees ons: Wat in Maria verwek is, is uit die Heilige Gees,
d.w.s. uit God en pertinent nié uit 'n mens nie. En gevolglik, daarom: "En
dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die
profeet gespreek het: 23 Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en
hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons" (vv.22-23).
Ridderbos
(1970:27) wys daarop dat Josef, dit wil sê Dawid se huis en geslag, op die
beslissende oomblik uitgeskakel word. Dié lyn kan die Messias nie voortbring
nie. Christus moet aan Abraham en Dawid gegee word in die volle sin van die
woord, buite die natuurlike voortsetting of medewerking van Dawid se geslag om.
Josef se stamboom is dus wel deeglik bedoel as Jesus se stamboom. Jesus se
inplanting in en aansluiting aan Dawid se geslag word egter nie deur Josef nie,
maar deur God self tot stand gebring.
Die benadrukte Ek
self (vandag het Ek self U gegenereer), gegrond in die Hebreeuse
grondteks, word nader verklaar en bevestig deur wat ons in Matteus lees.
Ons moet dit ook
so sê:
Of meer teologies gesê:
2.3.3.4. In Handelinge
13:32-33 pas die Heilige Gees self Psalm 2:7 op Christus en sy opstanding
toe. Die Heilige Gees leer ons om hierdie woorde Messiaans te verstaan. Die
Heilige Gees leer ons om in die opwekking van Jesus 'n vervulling van die vandag
het Ek self U gegenereer te sien.
Net soos in
Ps.2:7 (Ek self) word hier ook God se werk benadruk en Ps.2:7 se
Ek self verklaar: "En ons bring julle die goeie tyding van die
belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle
kinders, vervul het deur Jesus op te wek" (v.32). En dan
word daarby gevoeg: "soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is
my Seun, vandag het Ek (die Ek word benadruk in die Grieks – AHB)
U gegenereer" (v.33).
Hoe die vandag
van Psalm 2:7 verstaan moet word, leer Paulus in Handelinge 13:33 (vgl. ook
Rom.1:4): Vandag is die opstandingsdag van Christus, die
aanvaarding van sy ewige koningskap oor die nasies (vgl. Op.11:15; 12:10).
2.3.3.5. Romeine
1:4 is hier eweneens van toepassing. "en na die Gees van heiligheid
met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode,
Jesus Christus, onse Here".
In hierdie vers
hoor u Ps.2 terug, want Paulus praat van die Seun van God en
Jesus Christus, ons Here. En dan lê die apostel
weereens, soos in Handelinge 13, 'n verband tussen Jesus se opstanding en
hierdie Psalm.
Wié is die
Aangesprokene in Psalm 2?
Hebreërs laat ons
nie daaroor in die duister nie:
Christus is die
Aangesprokene!
2.3.5.1. In Handelinge
2:30-31 sê die Heilige Gees: Dawid was ’n profeet was en hy
het geweet dat God met ’n eed aan hom belowe het dat een van sy
nakomelinge op sy troon sou sit. Daarom het hy die opstanding van
die Christus vooruit gesien.
Dit is in die lig
van hierdie verse so duidelik as wat maar kan kom dat Dawid in Psalm 2 meer
bedoel het as maar net 'n aardse koning. Daarby moet die vraag gestel word: Sou
hy, die profeet Dawid, dit wel weet, maar sy hoorders nie?
Daar word in die
teologie nogal gepraat van eerste hoorders en hoe sou die eerste hoorders dit
of dat verstaan het. Hier het ons 'n eerste hoorder: Dawid. Ons hoor ook uit
die mond van die Heilige Gees wat hierdie eerste hoorder geweet en vooruit gesien
het. Hy het veel meer geweet en gesien as wat hedendaagse geleerdes meen: Hy
het die Christus gesien – ook in Psalm 2. Hy het sy opstanding, dit wil sê sy
generasie,
sy verwekking,
aanskou.
2.3.5.2. Na
Pinkster gaan die Heilige Gees die wêreld in en oor die wêreld heen verkondig
Hy Christus – aan die hand van die Psalms. Paulus se Preek ('n Preek
geïnspireer deur die Heilige Gees) in Handelinge 13 is 'n voorbeeld
daarvan. Ook in hierdie Preek (net soos in die een in Handelinge 2) kry ons 'n
aaneenskakeling van Psalms, Psalms wat almal net een Noot op hulle snaar het:
Christus, Christus, Christus. Vers 32-33 se aanhaling van Psalm 2:7 is hier van
toepassing: "En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan
die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus
op te wek, soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag
het Ek U gegenereer (verwek)".
Die Heilige Gees
self pas Psalm 2:7 in Handelinge 13 op Christus toe. Hy leer ons om hierdie
woorde Messiaans te verstaan. Die Heilige Gees leer ons om in die opwekking van
Jesus 'n vervulling van Ps.2:7 te sien.
Die Heilige Gees self beskryf Psalm 2:7 in Handelinge 13 boonop as 'n belofte wat aan die vaders gedoen is. Die woorde van Ps.2:7 was nie maar net 'n beskrywing van wat gebeur het die dag wanneer 'n koning die troon bestyg het nie. Inteendeel,
Daarom moet ons
sê: Die belofte van die opwekking van Christus – dit is reeds aan die vaders
gegee, aan die eerste hoorders van die Psalms. Christus is nie eers later, in
die tyd van die Nuwe Testament, aan die Psalms bygeplak of bygevoeg soos die
"nuwe navorsing" en 2001-omdigting leer nie. As dít wat die
"nuwe navorsing" (op wie Cloete hom beroep) leer, die geval sou
gewees het, kan ons tog nie van 'n belofte, 'n belofte wat eeue
tevore aan die vaders gedoen is, praat nie? As die Christus-verklaring (die
toepassing op Christus) eers later bygevoeg is deur die skrywers van die Nuwe
Testament – dan was Christus nie in Psalm 2 belowe nie. Dan is Handelinge 13
onwaar.
2.3.5.3. Romeine
1:1-4 is nog 'n belangrike
Skrifgedeelte, waarin ons Psalm 2 terugvind.
Veral vers 4 is
belangrik. Paulus skryf inleidend dat hy nie met 'n nuwe evangelie kom nie,
maar met die evangelie van God (v.1) wat Hy tevore beloof het deur
sy profete in die heilige Skrifte (v.2). In verse 3 en 4 gee hy
samevattend die inhoud van hierdie evangelie wat – let wel - reeds in die Ou
Testament beloof is: Dit is die evangelie aangaande sy Seun wat gebore is na
die vlees uit die geslag van Dawid (v.3) en na die Gees van heiligheid met krag
verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus
Christus, onse Here (v.4).
In hierdie laaste
vers hoor u Psalm 2 terug, want Paulus praat van die Seun van God
en Jesus Christus, ons Here. En dan lê die apostel
weereens, soos in Handelinge 13, 'n verband tussen Jesus se opstanding en
hierdie Psalm.
Die evangelie
van vers 1 en die beloof van vers 2 slaan duidelik ook op Psalm 2.
In Hebreërs 1
word 'n hele rits van tekste aangehaal om spesifiek die Godheid van
Jesus te bewys en - een van daardie tekste is juis Psalm 2:7. Hebreërs 1 leer
ons dat Psalm 2:7 ons die ware Godheid van Christus leer.
Veral Hebeërs
1:10 is besonder insiggewend, want daar word Ps.102 op Jesus toegepas en van
Hom gesê: : U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is
werke van u hande (vgl. Ps.102: 25: My God, sê ek, neem my nie weg in die
helfte van my dae nie-u jare is van geslag tot geslag! 26 In die voortyd het U
die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande). Christus word uitdruklik
God
genoem.
Eis (vra)
van my, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u
besitting.
Wie het meer reg
om dit te eis as Christus?
In Johannes 17:4,5
lees ons: "Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het
om te doen, het Ek volbring. En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die
heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was". Op grond van sy
volbragte werk eis Hy van die Vader: Verheerlik my. Sy werk hier op aarde is
die regsgrond van sy eis.
Watter aardse
koning kon dit eis, het enige gronde vir so eis gehad?
Van Christus word
in Hebreërs 1:1-2 dat Hy die Seun is, wat God as erfgenaam
van alles aangestel het.
Dat Christus die
Koning is van vers 9, wat sy vyande soos 'n pottebakkersvat verbrysel en hulle
met sy ystersepter regeer, is sonder meer duidelik uit 'n teks soos Openbaring
2:27 ("En hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word
hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het"). Ook op ander
plekke in Openbaring word gepraat van Christus wat met 'n ystersepter (12:5)
of –staf (19:15) regeer.
Die Seun
van v.12 is wegvertaal in die 1983-vertaling en weggedig in die 2001-omdigting.
Die rede daarvoor
is dat verskeie kommentare (vgl. ook die 1983-vertaling) geen raad weet met die
feit dat nie die Hebreeuse nie, maar die Aramese woord vir Seun
gebruik word.
2.6.2.1 Daar is
geen Hebreeuse manuskrip waarin iets anders as bar staan nie. Ook die Aleppo
Kodeks (JERUSALEM CROWN : 2004) het dit.
2.6.2.2 Die
Arameese woord vir seun kom ook in Spreuke 31:2 voor.
2.6.2.3 Ook
"woel" in v.1 en "verpletter" in v.9 is 'n Arameese leenwoorde.
Daar word dus meermale van Arameese woorde in Ps.2 gebuik gemaak.
Verskeie
vooraanstaande wetenskaplikes wys daarop dat ons in die twee genoemde woorde
Aramese leenwoorde het:
Vers 1: Woel - vgr
1. KOEHLER (1999:1189):
vgr: Arm. loanword, Wagner Aramäismen 277; MHeb. hif. to feel, notice; hitp. to come flocking, DSS (Kuhn Konkordanz 200) to surge, roar, rage; Sam. pa. to be aroused; JArm. pe. to be restless, roar; notice; af. to disturb, move; to sense, notice, ï BArm., also for the other Arm. dialects; Tigr. teç-raÎggaÎsa to writhe, double up with pain (Leslau 49); Arb. rajasa to thunder, on which see Wagner Aramäismen 279.
2. HJ KRAUS:
Hy noem dit eweneens 'n Aramese woord (1972:14).
3. Theological Wordbook of the Old Testament (1999:1071)
4. Die Hebreeuse woordeboek van Brown,
Driver en Briggs (2000:xiii)
Vers 9: Verpletter - [[r
1. KOEHLER (1999:1270):
II [[r: Arm. (Wagner Aramäismen 288) equivalent to Heb. #cr; ï #[r; MHeb. DSS (Kuhn Konkordanz 207); JArm. [[;r>; Sam. Dt 2827 y[r (< [y[r) Ben-H. Lit. Or. 2:473b; ï BArm., also for the citations from the other Arm. dialects; Tigrin. raÁreçÁe to strike (Leslau 50).
2. HJ KRAUS:
Hy noem dit ook 'n Aramese woord (1972:p.14).
3. Die woordeboek van Gesenius (2003:775)
2.6.2.4 Verder
kan op die kommentaar van die volgende twee hoog aangeskrewe Ou Testamentici
gewys word:
2.6.2.5 Ook 'n
ander ou vertaling, die Siries, het die Aramese bar met "seun"
vertaal.
2.6.2.6 Die TWOT (Theological
Wordbook of the Old Testament, electronic ed., p.126) sê: Die argument dat die
Aramese woord "bar" 'n korrupsie in die teks moet wees, omdat vers 7
die Hebreeuse woord "ben" gebruik, hou nie water nie. Dit
veronderstel dat "bar" en "ben" nooit kontemporêr was nie,
maar dat een altyd gebruik is met uitsluiting van die ander. Dit veronderstel
te veel, gesien die aansienlike hoeveelheid onsekerhede ten opsigte van ons
kennis van die verspreiding van en gebruik van Aramees.
2.6.2.7 Uit Openbaring
6:16-17 kan afgelei word dat Ps.2:12 slaan op die Seun van God, want daar
hoor ons van die toorn van die Lam (die toorn waarvan Ps.2:12
praat) en dat sy toorn gerig is teen die konings van die aarde
(vgl. Ps.2:2).
Daarom pas die
vertaling "Kus die Seun" absoluut hier in die verband.
2.6.2.8 Psalm
2:9, waar dit duidelik gaan oor die toorn van die Seun, maak die vertaling
"Kus die Seun" heel logies, as 'n mens dit ook sien in verband met
die vervolg van vers 12, waar daar gesê word "sodat Hy nie toornig word
nie". Die Hy kan net die Hy van vers 9 wees – die Seun.
Die hele verband
(vers 9,12) roep om die vertaling "Kus die Seun".
2.6.2.9 1
Johannes 5:12 gryp eweneens op hierdie vers terug: "Hy wat die Seun
het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe
nie".
2.6.2.10 Ook uit Psalm
110 – 'n Psalm wat uitsluitlik op Christus wys - kan duidelik afgelei word
dat dit in Ps.2:12 spesifiek oor die toorn van die Seun gaan. Daar
is 'n nou verband tussen Ps.2 en Ps.110:
In die lig van
die Nuwe Testament en gesien in verband met Psalm 110 is daar geen enkele rede
om die Seun van Psalm 2:12 nie te behou nie. Die dag van die HERE
is die dag van die toorn van sy Seun, van sy Gesalfde.
2.6.2.11 Johannes
5:23,27: Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het
nie. … En
Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
2.6.2.12 Matteus
16:16-17: En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende
God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees
en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele
is.
Hier is 'n
teksgedeelte nie alleen van belang vir die woord Bar of Seun in vers 12 nie,
maar vir die Psalm in geheel.
2.6.2.13 Kus die
Seun - is dit so vreemd?
Die Aramese woord
vir Seun (Kus die Seun) is vir geleerdes 'n raaisel: 'n Aramese woord in 'n
Hebreeuse Psalm? Hoe
2.6.2.14 Bar – is
dit so vreemde woord in die Hebreeus van daardie tyd?
Glad nie:
2.6.2.15 Moderne
Nederlandse vertalings – van moderne geleerdes – handhaaf die vertaling
"Kus die Seun":
Ook die
Nederlandse Groot Nieuws Bijbel en die Willibrord Vertaling het seun.
2.7.1 Op
die weg vergaan.
Hierdie woorde is
'n sinspeling op en aansluiting by Psalm 1:6 se "die weg van die goddelose
sal vergaan".
2.7.2 Welgeluksalig.
Welgeluksalig is
meer as maar net "gelukkig": Dit hou in die gedagte van geseënd wees.
2.7.3 Almal wat
by Hom skuil
Die almal
wat by Hom (die Seun) skuil onderstreep nogeens dat Psalm
2 'n Messiaanse Psalm is. In die hele Ou Testament is dit steeds God by Wie die
mens skuil. Dawid se geloofsbelydenis was juis dat God 'n skild is vir almal
wat by Hom skuil (Ps.18:3, 31). Alle mensekinders moet by die HERE skuil
(Ps.36:8-10) (Van Bruggen ,1981:129). Vergelyk verder Ps.5:12, 7:2, 25:20,
31:2; 37:40.
Die slot van
hierdie Psalm laat dus weer dink aan 'n gesalfde Seun van God, wat aan God
gelyk is en aan wie die aardse koning Dawid sekerlik nie gelykgestel kan word
nie (Van Bruggen ,1981:129).
Die woorde vandag
het Ek self U gegenereer (v.7) speel 'n groot rol in verskillende van
ons belydenisskrifte.
"Ons glo …
in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit
die Vader verwek/gegenereer (genneethenta, pf.part.pass. van
gennaoo): Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, verwek/gegenereer
(genneethenta, pf.part.pass. van gennaoo), nie gemaak nie, een in wese met die
Vader …".
"22 die Seun
is deur die Vader alleen nie gemaak of geskep nie, maar gegenereer
(Lat.sed genitus)".
In hierdie
artikel, wat handel oor die Godheid van Christus, bely ons: "Ons glo dat
Jesus Christus ten opsigte van sy Goddelike natuur die eniggebore Seun van God
is. Hy is van ewigheid af verwek/gegenereer (Franse teks:
engendré = genereer, verwek - AHB); Hy is nie gemaak nie en nie geskep nie,
want dan sou Hy 'n skepsel wees; Hy is een wese met die Vader, ewig saam met
Hom, die ewebeeld van die Persoon van die Vader, ewig saam met Hom, die
heerlikheid (Heb 1:3) en in alles aan Hom gelyk (Fil 2:6)".
Ps.2:7 word as
een van die tekste aan die einde van hierdie artikel aangehaal.
Ook Ps.2:12 word
aangehaal.
In Matteus 26:63
sê die hoëpriester vir Jesus: "Ek besweer U by die lewende God dat U vir
ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?" Hierdie woorde (Christus,
die Seun van God) kom uit Psalm 2. Uit die vraag van die hoëpriester kan ons
aflei dat ook die Jode wat nie in Christus geglo het nie, Psalm 2 Messiaans
verklaar het. Wat hulle nié wou erken nie, was dat Jesus daardie Messias van
Psalm 2 is.
Wanneer Natanael
by Jesus kom, sê hy vir Jesus: "Rabbi, U is die Seun van God, U is die
Koning van Israel" (Joh.1:49). Dit - Seun van God, Koning van Israel - is
woorde uit Psalm 2. Waar kom Natanael daaraan om Psalm 2 Messiaans te verstaan?
Die antwoord is: Die Jode in daardie tyd geglo het dat Psalm 2 Messiaans is en
Natánael was bekend met hierdie beskouing. Die verskil tussen die ander Jode en
Natanael is egter dat Natanael Ps.2 toepas op Jesus.
Die Ou
Testamentikus AH Edelkoort (1941:307) skryf in verband met Psalm 2 die
volgende: Die Midrash op die Psalms, die Babiloniese Talmud en die Kabalistiese
Joodse boek Sohar betrek almal Psalm 2 op die Messias. In dié rigting wys ook
'n Talmud-traktaat, wat Ps.2:1-3 aanhaal en daarby sê dat in die tyd van die
Messias die proseliete teen God en sy Messias sal rebelleer. By vers 7 e.v.
twyfel die rabbyne nie daaraan dat hierdie vers oor die Messias, die Seun van
Dawid , spreek nie. Selfs Joodse geleerdes soos Kimchi (1105-1170) en Jarchi –
so skryf Hengstenberg (1973:43) – erken dat dit die oorheersende opinie onder
hulle voorvaders was.
Ibn Esra , skryf
Rosenberg (1991:9, clxvii-clxviii), vertaal vers 12: Kus die Seun. En hy pas
dit toe op die Messias. Redak daarenteen het hierdie woorde anders gaan vertaal
en verklaar – met die bedoeling om die Christene nie 'n wapen in die hand te
gee vir hul Messiaanse verklaring van hierdie teks nie. Hy vertaal: Wapen julself
met reinheid.
Die meeste ongelowige
Jode weet dat Psalm 2 'n Messiaanse Psalm is, maar hedendaagse teoloë van die
Christendom weet dit nie.
ALEXANDER, J.A. 1977.
The Psalms translated and explained. Baker Book House.
BEUKEN,
W., e.a. 2000. Die lof van
my God solank ek lewe. Medpharm Publikasies/Jean Avrille Prinsloo
: Irene/Lynwood Glen. 360p.
BIBLIA HEBRAICA
STUTTGARTENSIA. 1977. Quae antea cooperantibus A.Alt, O.Eißfeldt, P.Kahle ediderat R.Kittel. Editio
funditus renovata.
BOICE, J.M. 1994. Psalms. Volume 1. Psalms 1-41. Baker Book House.
BRIGGS
C.A. & BRIGGS, E.G. 1916.
A critical and exegetical commentary on the book of the
Psalms. Vol.1. T. & T.Clark : Edenburgh.
422p.
Brown, F., Driver, S. R., & Briggs, C. A. (2000). Enhanced Brown-Driver-Briggs Hebrew and English Lexicon (electronic ed.).
CALVYN, J. 1979. Het Boek
der Psalmen. Eerste deel. De Groot :
Goudriaan. 880p.
CRAIGE, P.C. 1983.
Word Biblical Commentary. Psalms 1-50. Word Books, Publisher
:
DAHOOD, M. 1966. Psalms
1, 1-50. The Anchor Bible. Doubleday
& Company, Inc. : Garden City,
DE LAIGRE BÖHL,
F.M.Th. & GEMSER, B. 1968. De Psalmen. Tekst en uitleg. Uitgeverij
G.F.Callenbach : Nijkerk.
DELITZSCH, F.
Volume V. Psalms. Commentary
on the Old Testament. Eerdmans :
DEL
OLMO LETE, G. & SANMARTIN, J. 2004a. A dictionary of the Ugaritic language in alphabetic
tradition. Part 1. Brill :
DEL
OLMO LETE, G. & SANMARTIN, J. 2004b. A dictionary of the Ugaritic language in alphabetic
tradition. Part 2. Brill :
DONNER, J.H. 1978.
De Psalmen. Eerste deel – Psalm 1-72. Den Hertog's Uitgeverij. B.V. : Utrecht.
498p.
EDELKOORT, A.H. 1941.
De Christus-verwachting in het Oude Testament. H.Veenman & zonen :
Wageningen. 535p.
FEUER, A.C. 1995. Tehillim/Psalms. Vol.1. A new
translation with commentary anthologized from Talmudic, Midraschic, and
Rabbinic sources. Mesorah Publications, Ltd.:
Gesenius, W., & Tregelles, S. P. (2003). Gesenius' Hebrew and Chaldee lexicon to the Old Testament Scriptures.
GROSHEIDE, F.W.
1952. De Psalmen. Eerste deel. Psalm 1-70. Kok : Kampen. 192p.
GUNKEL, H. 1968. Die
Psalmen. Vandenhoeck & Ruprecht : Göttingen. 639p.
HAKAM,
A. 2003. The
Bible. Psalms with The
Harris, R. L., Harris, R. L., Archer, G. L., &
Waltke, B. K. (1999, c1980). Theological Wordbook of the Old Testament (electronic ed.).
HENGSTENBERG,
E.W. 1973. Christology of the Old Testament and a Commentary on the Messianic Predictions. Kregel
Publications :
HENGSTENBERG,
E.W. 19?. Commentary
on the Psalms. Vol.1. Mark
Publishing Company :
HIRSCH,
S.R. 1997. The Psalms. The Samson Raphael Hirsch Publications Society :
HIRSCH,
S.R. 1999. Etymological Dictionary of Biblical Hebrew. Based on the commentaries of Samson Raphael Hirsch. Feldheim
Publishers :
KAISAR, W.C., jr.
1995. The Messiah in the Old Testament. Zondervan
Publishing House :
KIDNER, D. 1973. Psalms
1-72. An introduction and commentary on Books 1 and 2 of the Psalms.
Inter-varisty Press :
KLEIN,
1987. A
Comprehensive Etymological dictionary of the Hebrew language. Carta :
Koehler, L., Baumgartner, W., Richardson, M., & Stamm, J. J. (1999, c1994-1996). The Hebrew and
Aramaic lexicon of the Old Testament (electronic ed.).
KRAUS, H-J. 1972.
Psalmen. 1.Teilband. Psalmen 1-63. Neukirchener Verlag : Der Erziehungsvereins
Neukirchen-Vluyn. 444p.
LAMPATER, H.
1961. Das Buch der Psalmen I. Die Botschaft des Alten Testaments. Psalm 1-72. Calwer Verlag :
LEUPOLD, H.C. 1979. Exposition of the Psalms. Baker Book
House.
PRINSLOO, W.S.
2000. Psalm 2: ONDERWERP JULLE AAN DIE HERE. In: Die lof van my God solank ek lewe.
RIDDERBOS, J.
1955. De Psalmen. Deel 1. COT. Kok : Kampen. 421p.
RIDDERBOS, Nic H.
19?. De Psalmen. Deel 1. Korte Verklaring. Kok : Kampen. 455p.
RIDDERBOS, H.N.
19?. Mattheüs. Deel 1. Korte Verklaring. Kok : Kampen. 455p.
ROSENBERG, A.J.
1991. The Book of Psalms. Vol.1. A new English
translation of the text,
Rashi and a commentary digest. The Judaic Press :
SCHNEIDER, D.
1995. Das Buch der Psalmen. 1. Teil. Psalm 1-50. Wuppertaler Studienbibel.
R.Brockhaus Verlag : Wuppertal und Zürich. 332p.
SPURGEON, C. 1984. Spurgeon's Treasury of David. Volume 1: Psalms 1-89. Baker Book House.
STEC, D.M. 2004.