Om die boeke in die biblioteke op hierdie blad te kan lees en
gebruik, het u die Theophilos
program nodig.
By die Theophilos skakel
sal u nog meer Bybels, kommentare en onderwerpe kry om af te
laai.
Hoe om die lêers in die biblioteke hieronder te installeer.
3.1 Laai die verlangde lêer op u hardeskyf deur daarop te kliek. Die
meeste lêers is in zip formaat, maar sommige het 'n "exe"
agtervoegsel.
3.2 Dubbelkliek op die lêers met 'n "exe" agtervoegsel en dit sal
outomaties in die Theophilos gids ("folder") installeer.
3.3 Vir die lêers in zip formaat: "Unzip" hulle in dieselfde gids op
u hardeskyf as waar Theophilos is.
3.4 Om nou die betrokke item te lees, open die Theophilos program.
Gaan na die menubalk aan die bokant van die Theophilos skerm en kies
die toepaslike kategorie: Woordeboek, Kommentaar, Geskrifte
ens.